Op sy dag was lord Peter Hain ʼn kampvegter teen apartheid en ʼn Britse kabinetsminister, en nou veg hy steeds vir geregtigheid in Suid-Afrika. Hy het sy stem intussen gevoeg by dié van talle omgewingsaktiviste wat pleit om die bewaring van Afrika se natuurlewe. Hain het met Maroela Media oor…
Bonné de Bod, omgewingsjoernalis en die bekroonde vervaardiger en aanbieder van natuurlewe-dokumentêre soos "STROOP" en "Kingdoms of Fire, Ice and Fairytales", het met Maroela Media telefonies van Johannesburg af gesels oor die grootste omgewingstories van 2020.
Dit is ʼn hartverskeurende werklikheid in Suid-Afrika: sowat 3 000 kinders word jaarliks in ons land weggegooi. ʼn Plek wat ʼn alternatief wil skep vir hierdie babas is Door of Hope Children’s Mission in Johannesburg.Desirae Pillay, kommunikasiebeampte van die organisasie, het uit Glenvista met Maroela Media gesels oor die werk wat…
Ivor Swartz, leraar van Oosterlig-gemeente in Pretoria en skrywer van Die verlore seun vannie gaatjie, het ʼn spesiale boodskap vir Kersdag vir Maroela Media opgeneem. Swartz hoop dié nuus plaas ʼn lied van dankbaarheid in ons elkeen se hart, soos die een wat Maria gesing het toe sy gehoor het…
“Dit is moeilike tye wat ʼn mens weer op jou knieë bring waar jy rus kan vind op die Skepper se borskas. Die hele album praat oor die intimiteit wat ek beleef in my verhouding met Hom.”
’n Mens kan nie help om te vra wat sou 2021 vir ons inhou nie? As ons ʼn verhouding soos Moses met ons Skepper kan bou, kan ons onder Sy Hand verskilmakers word. Kom luister na Esté Geldenhuys se Nuwejaarsboodskap op Maroela Media.
Weet jy dat Jesus jou liefhet? Sy liefde vir jou het Hom gedring om ter wille van jou aan die kruis te kon hang. Het jy al die keuse gemaak om Hom as jou verlosser aan te neem? Kom luister na Esté Geldenhuys se Kersboodskap op Maroela Media.
Die 2020-redaksie van "Stroom-op" van die Affies-meisies het vroeër vanjaar voor die aanvang van die Covid-19-pandemie by Maroela Media kom inloer. Maroela Media het die geleentheid gehad om met die redaktrise, Marisha Hermann, en twee van die redaksielede, Xannée Jacobs en Anomé Victor, in ons ateljee te gesels oor Afrikaans,…
Die toerleier Marius du Plooy vertel ons van dié bekoorlike kuslyn in Italië in vandeesmaand se aflewering uit die reeks podsendings "Brandhout vir die oudag".
Die toerleier Marius du Plooy vertel meer oor die Toskaanse streek in Italië, wat selfs al talle van ons eie plaaslike kunstenaars bekoor het. Skink vir jou ʼn heerlike koppie boeretroos en span uit terwyl jy na die vertelling luister.
Carien Bloem, bestuurder vir Onderwyssake by AfriForum, het vir Leandie Bräsler van dié organisasie se afdeling vir jeugleierskapsontwikkeling ateljee toe genooi om te gesels oor die waarde van omgee. Monya van Zyl (14), ʼn gr. 8-leerder aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria, het ook haar storie van omgee in die…
Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys vir vervolgde Christene lys sedert 2002 vir Noord-Korea as die moeilikste land vir Christene om in te leef. Luister na Jan Gouws se spesiale Kersboodskap en vertellinge oor die vervolgde Christene in die Asiatiese land waar net 1,2% van die land Christene is.
Jan Gouws van Geopende Deure het met Maroela Media gesels oor hoe kinders in die vervolgde kerk Kersfees ervaar, en wat jy kan doen om dié kinders te beskerm, asook help versorg. Geopende Deure se visie is dat elke vervolgde kind soos Bijli beskerm en versorg moet word. Elke vervolgde kind moet grootword…
“Ek was ʼn bietjie senuweeagtig om in Afrikaans te skryf, want dit is nie net die taal waarin ek skryf wat verander nie – Afrikaans is ʼn hele kultuur op sy eie.”
ʼn Mens kan nie louwarm voel oor ʼn stuk vrugtekoek nie: óf jy haat dit óf jy is mal daaroor en dit bring vir die soetste nostalgiese herinneringe van Kersfees en troues. Maroela Media het met Willie Strauss, ʼn tuiskok en kabaretsanger van formaat, gesels oor vrugtekoek.
Dr. Sulette Ferreira, ʼn beradingsterapeut van Pretoria, het onlangs in Maroela Media se ateljee kom kuier om te gesels oor die mense wat agterbly na emigrasie en hoe om die verhoudingsband te versterk.
Joe Foster het al sy besittings in sy motor gepak en die Jakarandastad vir Knysna verruil waar hy sy sangloopbaan nou vir eers opsygeskuif het om sy ander groot passie, broodbak, uit te leef.
Die musiekgroep Jan Jan Jan het aan die einde van 2019 naam gemaak met hul stywe broekie, twee-kleur hemde en enkelsnit “Wys Jou Vleis”. Na groot sukses verwelkom Lang Jan en Klein Jan nou ʼn nuwe Jan by die groep, en hý is Mooi Jan.
26 Nov 2020
8 min
800 – 820
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.