Marnelda de Beer, hoof van die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), verduidelik ook hoe jy jonger kinders (jonger as gr. R) besig kan hou tydens die inperkingstyd, en vra dat dié kinders spesifiek eerder fisieke aktiwiteite doen as om ʼn werksboekie by ʼn tafel te sit en voltooi.
Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die SOS, en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.
Watter vakke sluit wetenskap in en wat maak dit spesifiek besonders? Volgens Celeste Labuschagne, ʼn Wolkskool-dosent, is natuurwetenskappe, lewens- en fisiese wetenskappe die een vak wat jou kinders besonder nader aan die skepping bring – van ʼn mikroskopiese vlak tot by die hemelruim.
Verona vertel hartseer sy wou graag die liedjie vir haar verloofde speel op hulle troue, maar dié spesiale dag is uitgestel weens die Covid-19-pandemie.
In hierdie episode gesels ons oor wat dit sal beteken vir leerders om terug te keer skool toe midde die Covid-19-pandemie en waarom dit nodig is vir kontakonderrig om so gou moontlik te hervat.
Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), bespreek die debat tussen Sokrates en Plato rondom die vraag: Word wiskunde geskep of ontdek. Nadat ons ’n raamwerk gekies het, gaan kyk ons na verskeie samelewings soos die Khoi, die Babiloniërs en die Majas en hoe hulle wiskunde gelyk…
Dr. Kobus Neethling, Suid-Afrika se eie kreatiwiteitskenner, meen Suid-Afrikaners het sedert die instelling van afsondering hul kreatiewe denkspiere gerek en veel meer innoverend gedink as wat hulle hulself krediet voor gee. Neethling het met Maroela Media gesels oor kreatiwiteit en innovasie in die Covid-19-pandemie.
Jan Gouws het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media oor Skype gesels oor die Covid-19-pandemie se impak op Christene in lande waar hulle geloof nie verwelkom word nie, of selfs vervolg word. Hy het ook verduidelik hoe Christene mekaar in hierdie onseker tyd in hul geloof kan ondersteun.
Tommy Dickson, oftewel Toks ʼn Tjops se Sjef Vaatjie sit allesbehalwe stil tydens inperking. Hy is hard aan die werk in die kombuis en om die braaivleisvuur, en ook op die isolasie-weergawe van Toks ’n Tjops.
Henru Krüger, die Solidariteit beroepsgilde se sektorhoof vir professionele beroepe, het met Maroela Media gesels oor die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns en die SA Docters App se samewerking. Dié slimfoon-app help pasiënte om binne sekondes die naaste mediese praktisyn op te spoor en verskaf ook nou bykomende mediese inligting oor Covid-19.
Andriëtte Norman het die afgelope vyf jaar twee kinders gehad, probleme met haar stem ondervind en ’n maatskappy begin wat geleenthede reël. Sy gesels vandag met Maroela Media oor hoe dit voel om haar stem uiteindelik terug te hê.
"God se smokkelaar", die ware verhaal van Broer Andrew se sendingwerk agter die Ystergordyn, is nou ook uiteindelik in Afrikaans beskikbaar. Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure, het per Skype met Esté Meyer Jansen oor dié boek gesels.
Maroela Media het met Rianette Leibowitz per Skype gesels oor verantwoordelike digitale burgerskap. Sy het ook raad en wenke uit haar boek "Maak jou kind skermslim" gedeel in die tydperk van algehele afsondering waar gesinne nou waarskynlik meer tyd aanlyn gaan spandeer.
Luan Jacobs en Maryka Roux het ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak en met Christa Steyn gesels oor Unapologetically me. Dié produksie wil mense aanmoedig om hulself te wees.
12 Mar 2020
9 min
900 – 920
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.