Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,206 Episodes
920 – 940

Swart Maandag vir markte wêreldwyd

Andre Cilliers, wisselkoersrisikostrateeg van TreasuryOne, verduidelik wat het met markte gebeur gedurende naweek en vroeg Maandagoggend. Die gebeur word nou wyd as ’n soort Swart Maandag vir die internasionale markte en die rand beskryf.
10 Mar 2020 3 min

Kwaggabees put inspirasie uit ware lewensverhaal

Kwaggabees het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor sy musiek. Hy het die persoonlike verhaal gedeel agter sy jongste twee enkelsnitte wat hy spesiaal vir sy eie seuntjie geskryf het.
10 Mar 2020 11 min

Dink só oor avontuurkampe

Prof. Herman Bodenstein, ’n opvoedkundige sielkundige, het met Maroela Media gesels oor avontuurkampe. Bodenstein meen die kampe gaan in die toekoms al hoe belangriker word en dat die kollig wat daar nou op die kampe val, ’n geleentheid is vir eienaars en bestuurders van dié geriewe om te dink hoe…
10 Mar 2020 20 min

Tussen Sterre se 'Die lappop’ spog met ’n nuwe leerbaadjie

Afrikaanse kinders het geslagte lank met die kinderliedjie “Die lappop” grootgeword en nou, te danke aan die groep Tussen Sterre, het dié liedjie ʼn nuwe baadjie gekry in ʼn verwerkte weergawe wat pas uitgereik is. Tussen Sterre het in Maroela Media se ateljee ʼn draai gemaak. Die manne het gesels…
6 Mar 2020 7 min

Mike Horn: ‘Elkeen het sy eie Suidpool om oor te steek’

“Die oomblik wat jy aanvaar hierdie gaan moeilik wees, is ook die oomblik waarin alles makliker word.” So gesels die Suid-Afrikaans gebore ontdekkingsreisiger Mike Horn oor die geestelike voorbereiding wat hy moes doen vir sy reis van 5 100 kilometer oor die ysbedekte vasteland van Antarktika. Horn het met Esté Meyer…
5 Mar 2020 11 min

Onderwys in gesprek: Skoleinfrastruktuur kwel

Luister dié podsending om te hoor wat skole te doen staan as die departement nie wil help met gebrekkige infratsruktuur nie. Ons gesels ook oor die belang van moedertaalonderrig.
4 Mar 2020 13 min

Bid saam vir gelowiges in Mianmar

Om van die Boeddhistiese erfenis van Mianmar af te wyk word met agterdog beskou en kan potensieel gevaarlik wees. Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure, het weer by Maroela Media se ateljee kom kuier en twee aangrypende getuienisse van Christene uit Mianmar gedeel.
3 Mar 2020 7 min

Boekvoorlesing: 'Offers vir die vlieë' deur Fanie Viljoen

Eliam en sy vriende is op pad na die Front om in die oorlog te veg waarvoor hulle al van kleins af brutale opleiding ontvang. Offers vir die vlieë is 'n distopiese jongvolwasseverhaal wat temas soos brutaliteit, geweld, marteling, vernedering, ook ’n verlies van die self en ’n eie identiteit,…
28 Feb 2020 3 min

Van Beitbrug tot parlement vir genesing in SA

Ds. Deon van der Berg spring op 12 Maart manalleen op sy fiets om 'n 2 200 km-toer van Beitbrug, die grenspos tussen Zimbabwe en Suid-Afrika, tot by die parlement in Kaapstad aan te pak. Maroela Media het met Deon en Charmaine van Beginet gesels oor wat hulle beoog met die Let’s…
19 Feb 2020 16 min

The Talking Dictionary: Só groet 'n mens in N/uu

Dié groetvorm in N/uu vorm deel van die praatwoordeboek en is goedgunstig deur Briza Publikasies aan Maroela Media beskikbaar gestel. Dit is die stem van Ouma Katrina en word gebruik wanneer ʼn persoon in die oggend, middag of aand gegroet word. Dit kan ook gebruik word wanneer jy vir iemand…
14 Feb 2020 1 min

Musiekvideo: Pierre Nel glo daar is nog storieboekliefde

Pierre Nel het ’n draai in Maroela Media se ateljee gemaak en met Esté Meyer Jansen gesels oor sy jongste musiekvideo "Mis jou". Nel het ook verklap vir watter mediese prosedure hý die skrikkerigste is. Kom maak 'n draai op Maroela se webwerf om die musiekvideo te sien.
13 Feb 2020 9 min

’n Musiekster om dop te hou: Heidi

Heidi het met Maroela Media gesels oor haar musiekloopbaan en planne vir 2020. Bly ook ingeskakel om na haar liedjie “’n Hele week” te luister.
13 Feb 2020 8 min

Gee ’n ja-tree vir vervolgde Christene

Jan Gouws van Geopende Deure het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe lesers en luisteraars vervolgde Christene wêreldwyd kan ondersteun.
10 Feb 2020 8 min
920 – 940