Maroela Media het met Dylan Lee, die redakteur, Zander van der Merwe, adjunkredakteur van sport, en Waldo Pienaar, adjunkredakteur van kultuur, gesels om uit te vind hoe die seuns oor die toekoms voel en die vooruitsigte vir die jaar wat voorlê.
“Ek het besluit om ʼn tree terug te gee en weg te beweeg van groot produksies af. Die hele gedagte is om dit eenvoudig aan te bied, soos toe dit net ek, my musiek en my kitaar was, sodat dit kan aansluit by die tema van my album.”
Carien Bloem, koördineerder van onderwys by AfriForum en Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, gesels oor die onderwysgebeure in Januarie. Hierdie maand gesels ons oor leerdersterftes en uitdagings rondom die plasing van leerders in skole.
“Daar was al ooms wat my kom uittrap het in die Spar oor Irma Humpel van ‘Vir die voëls’ so kwaai is. Maar ek dink René kry definitief die meeste raas.”
Danie du Toit is bekend daarvoor dat hy met woorde kan toor in talle bekende Spoegwolf-liedjies soos “Lenie Blou”, “Geel” en “Bittermaan”, maar nou stel Danie, oftewel Reënwolf, ook ʼn digbundel genaamd Warmer voor die Tuimeldroër bekend.
“Dis altyd maklik vir mense om te sê jy moet trek, maar wat mense nie besef nie is dat my taal my werk is. As jou taal jou werk is, kan jy nie net trek nie.”
Die Brendan Peyper wat Suid-Afrika tans ken, is ʼn gesonde, goed versorgde en selfversekerde jong man, maar hy vertel dat hy op skool afgeknou en geboelie is, en daarom emosioneel én fisiek sterker moes raak.
Sy ouers het op sesjarige ouderdom ontdek dat hy ʼn sangtalent het toe hy na ʼn Paul Potts-rolprent gekyk het en die Italiaanse woorde van die liedjies in die fliek nagemaak het.
Lara Erasmus, mede-stigter van Reis Afrikaans, het met Christa Steyn van Maroela Media gesels oor haar en Jolene Potgieter se projek. Reis Afrikaans bemagtig jong mense wat in die buiteland woon en werk óf beplan om binnekort so ʼn avontuur aan te pak.
“Dit is ʼn karakter wat ingeskryf is en sy is verteenwoordigend van ʼn soort mens wat nie altyd bewus is van die impak wat hulle woorde teenoor ander mense het nie.”
Jan Gouws, die uitvoerende direkteur van Geopende Deure, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die soort werksaamhede wat die organisasie doen. Hy het ook Geopende Deure se jongste wêreldwaarnemingslys bespreek wat die 50 lande lys waar Christene die ergste vir hul geloof vervolg word.
Hermann Pretorius van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê in sy jongste verslag oor die toekoms van onderwys in Suid-Afrika dat daar dringende vrae gevra moet word oor wat van hierdie kinders word. Pretorius het met Esté Meyer Jansen Maroela Media oor die onderwysverslag gesels.
Annelise de Jager van Charity Support Services, wat opleiding aan welsynsorganisasies verskaf, het met Maroela Media gesels oor wat welsynsorganisasies kan doen betreffende bemarking en finansies sodat hulle die broodnodige dienste in hulle gemeenskap te midde van uitdagings kan lewer.
13 Jan 2020
14 min
940 – 960
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.