100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,178 Episodes
920 – 940

OME: Ceylonia kry nuwe respek vir mede-deelnemers

In die voorlaaste episode van “Op my Eish!” 2 het Francois Jacobs gisteraand vir Ceylonia Bekker (26) teruggestuur na Kaapstad. Sy het vir opskuddings en groot vermaak gesorg op hierdie realiteitsreeks, en sê sy het die meeste van haarself geleer. Slegs drie deelnemers bly oor. Skakel Donderdag om 20:00 in…
1 Jul 2022 6 min

OME se Juane: 'Sterk vroue help mekaar'

Juane Bekker (26) is gisteraand huis toe uit "Op my Eish!". Met slegs twee episodes oor in die realisteitsreeks, waarin Francois Jacobs liefde soek, is daar nou vier deelnemers oor, en dinge raak nou ernstig en emosioneel. Juane het met die Ontbyt-span gesels oor haar ervaring.
24 Jun 2022 6 min

Coenie Naudé maak sy debuut

Plaaslike musikant Coenie Naudé het sy debuutalbum by Van Coke Studios opgeneem en is amper gereed om dit vry te stel. Die bekendstelling is op 16 Julie 2022 by The Blue Gate in Nelspruit, 'n verhoog na aan sy hart. Hy beskryf dit as 'n rock-album en die liedjies daarop…
23 Jun 2022 14 min

Die Pumas se lang geskiedenis word onthou

Die Curriebeker-finaal word Saterdag in Kimberley gespeel tussen die Pumas en Griekwas en pienk koors loop hoog in die Laeveld. Robin het met Herklaas du Preez en Arrie Myburgh, ou hande in plaaslike rugbygeledere, gesels oor hoe die unie tot hier gekom het.
22 Jun 2022 12 min

Hou jou kind veilig op die internet

Tegnologiese vooruitgang bring soveel goed met dit saam, veral in onderrig, maar met dit gaan gevare tepaard. Ouers is dikwels nie toegerus om hul kinders te help om dit die hoof te bied nie, sê Nicole dos Santos, innovasiebeampte by Penryn. "Ouers is bang vir sosiale media omdat kinders dit…
21 Jun 2022 10 min

Pumas en Griekwas pak mekaar in die Curriebeker-eindstryd

Die Pumas gaan Saterdag vir die eerste keer ooit in 'n Curriebeker-eindstryd in Kimberley speel. Hulle het Saterdagmiddag 'n opwindende halfeindstryd-oorwinning teen die Cheetahs in Bloemfontein behaal. Die span van Mpumalanga het met 38-35 gewen, danksy 'n drie op die nippertjie deur Ali Mgijima. Die Pumas kom teen die Griekwas…
20 Jun 2022 7 min

Wie sê wat van Op my Eish! 2?

Akteur en regisseur Francois Jacobs is op soek na liefde in “Op my Eish!”. Hierdie realiteitsreeks is gedeeltelik in die Laeveld verfilm. Geen deelnemer is gisteraand tydens ep. 10 huis toe nie, so vyf vroue bly oor. Ons kyk terug op wat hulle al oor die reeks te sê gehad…
17 Jun 2022 12 min

Silverdae hou kuierdag

Die SAVF Silverdae Ons Tuiste in Waterval Boven hou Saterdag 'n heerlike kuierdag. “Ons oumensies is uitgehonger vir sosiale kontak en sien vreeslik uit,” sê bestuurder, Elize Steenkamp. Sy het vir die Ontbytspan vertel wat hulle alles beplan. Luister weer hier. Dit begin om 10:00. Kom bou ‘n burger. Bespreek…
16 Jun 2022 10 min

Gesin verloor alles in huisbrand

Die Mair-gesin het verlede week alles in ‘n huisbrand naby Church Unlimited buite Nelspruit verloor. Hugh Williams (65) is in die brand oorlede. Sy dogter, Chanell, haar man Richard, hul agtjarige dogter en 20-jarige seun het hul dank betuig vir die oorweldigende ondersteuning wat hulle sedertien van die gemeenskap ontvang…
16 Jun 2022 6 min

TCM beboet oor besoedeling

Thaba Chweu-munisipaliteit is gister effektief ‘n boete van R5 miljoen opgelê vir oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur. Stadsbestuurder Sphiwe Matsi, wat namens die munisipaliteit verskyn het, het skuldig gepleit op sewe van die elf klagte wat hoofsaaklik verband hou met waterbesoedeling. Die Lydenburg-hof het gelas dat R4,8 miljoen van…
14 Jun 2022 3 min

Groot afwagting voor Pumas-Griekwas kragmeting

Vyrdagaand is maak of breek op Mbombela-stadium vir die Pumas. Wen hulle met 'n bonuspunt teen die Griekwas, is hulle verseker van 'n plek in vanjaar se Curriebeker halfeindronde. Agterlyn-afrigter, MJ Mentz, sê die span is tans nog nie 100% gefinaliseer nie.
8 Jun 2022 1 min

Wat 'n halfeindronde vir die Pumas kan beteken

Die Pumas kom Vrydag in ‘n bepalende wedstryd in die Curriebeker te staan teen die Griekwas op Mbombela-stadion om te speel vir 'n plek in vanjaar se halfeindstryd. Dit sal die span se eerste halfeind wees, na hulle verlede seisoen met een punt daarop uitgemis het. Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse,…
6 Jun 2022 1 min

Jeannedré verlaat OME met hele groep goeie vriendinne

Jeannedré de Waal (29) is gisteraand tydens die agtste episode van Op My Eish! 2 huis toe. Sy sê dit was geen verrassing nie, en stem saam dat sy en Francois Jacobs nie tydens haar sowat twee en 'n half weke op die program, 'n sterk verbintenis aangeknoop het nie…
3 Jun 2022 7 min

Op die rusbank: Wat hou Innibos 2023 in?

Sandra Jacobs van Innibos gesels “On the couch” met Lasea Swift - en verklap wat alles beplan word vir volgende jaar se Innibos Kunstefees, wanneer dit hopelik weer "normaal" aangebied sal kan word.
1 Jun 2022 2 min

Bloedbank vir honde en renosters red lewens

Dit was ‘n Kersdag en dr. Marita Raath was die veearts op roep, toe sy ‘n baie siek hond moes help wat bloed nodig gehad het. “Dit was baie moeilik om ‘n geskikte skenker vinnig by die praktyk te kry, en die hond het baie dringend bloed nodig gehad,” sê…
1 Jun 2022 11 min

Innibos hou weer In jou Huis-musiekteater

Reisiger, kunstenaar, storieverteller... Jak de Priester is môre saam met Bibi Slippers te sien in die tweede aflewering van Innibos se In jou huis-musiekteaterreeks. Jak, 'n ou hand in musiekteater en wat ook self dig, het vir Ludi en Mireille vertel hoe baie hy daarna uitsien. Skakel om 19:00 in…
31 May 2022 11 min

Petisie begin teen beplande straatnaam veranderinge in Mbombela

‘n Petisie is opgestel om Mbombela-munisipaliteit se besluit, om 14 straatname in Nelspruit, Witrivier, Hazyview en Barberton te verander, teen te staan. Inwoners is genooi om binne 30 dae insette te lewer en nuwe name voor te stel vir die strate. Hulle is: Piet Retief, Bester, Anderson, Brown, Ferreira, Henshall…
30 May 2022 3 min
920 – 940