100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,121 Episodes
900 – 920

Dorp van die jaar semi-finaliste: Kaapsehoop

Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Alita Steenkamp van Kaapsehoop gesels…
28 Apr 2022 2 min

Dorp van die jaar semi-finaliste: Pelgrimsrus

Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Leona Oosthuizen van Pelrgrimsrus gesels…
28 Apr 2022 2 min

Op my eish! 2: Elizna de Waal verlaat die reeks op 21 April

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Hy kon in die eerste episode verlede week 15 vroue kies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Gisteraand het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy het met Ludi…
22 Apr 2022 6 min

Makhonjwa boorprojek goed op dreef

Boorwerk aan die Moodies-BASE Projek in die Makhonjwa berge is goed op dreef. Geoloë boor reeds verskeie maande in hierdie UNESCO Wêreld-erfenisgebied. Hulle hoop dat hierdie goed bewaarde rotsmonsters navorsers sal kan help bepaal hoe die aarde en lewe daarop gevorm is. Phumelele Mashele en Rodney Tucker het met Ludi…
21 Apr 2022 4 min

Span Slowvelders pak Expedition Africa aan

Die Slowvelders-span (Harry Wiltshire, Stephan Pinker, Wihan Jacobs en Megan Andersen) het die onlangse Expedition Africa 2022 in Lesotho aangepak. Dit is ‘n uithouwedloop soos min: Spanne het sewe dae om saam 500 km te voet, per bergfiets en met kajakke af te lê. Harry, Stephan en Megan het vir…
21 Apr 2022 17 min

Wat is volgende vir Penryn swemster?

Penryn se Miela Banza het drie goue medaljes losgeswem by die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe. Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen. Sy het ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag. Haar afrigter, Jasper Venter, sê Miela…
20 Apr 2022 6 min

Crux bring nuwe perspektief na die Paasverhaal

“Crux: The Musical” maak hierdie naweek sy debuut, net hier in die Laeveld by Church Unlimited in Mbombela. Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word. Die musiekteaterproduksie wemel ook van plaaslike talent met Laeveldse orkeste, kore, soliste en selfs dansers. Meas het…
14 Apr 2022 13 min

'Wanneer die eerste bomme val, is 'n kind se kindertyd verby'

Dr. Victor E. d'Assonville is 'n Suid-Afrikaanse teoloog wat al jare by 'n sendingstasie in Duitsland betrokke is. Sedert Rusland Oekraiëne ingeval het, is hulle ook betrokke daarby om vlugtelinge uit die land te help. Hy het vir Ludi en Mireille vertel wat werklik op die grond gebeur.
14 Apr 2022 20 min

Losloper vertel oor verfilming van Op my eish! 2

Die tweede seisoen van Op my eish! skop op 14 April af en het hierdie keer 'n definitiewe Laeveldse geur. Francois Jacobs is die gesogte losloper en groot dele van die reeks is in die Laeveld verfilm. Oor die volgende 13 weke sal kykers op kykNET kan sien hoe hy…
13 Apr 2022 3 min

Vier Paasfees met Crux: The Musical

“Crux: The Musical” word Paasnaweek op die planke gebring by Church Unlimited. Dit is Lizanne Barnard se eerste teks, en sy beskryf dit as musiekteater. Die bekende Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word. Die produksie wemel ook van plaaslike talent, met…
12 Apr 2022 7 min

Bruce Fordyce deel raad vir hardlopers

Die Comrades koning, Bruce Fordyce, het gisteraand sy kennis oor voorbereiding vir die ultramarathon by die Nedbank LVCC hardloopklub kom deel op die vooraand van die opkomende TRAC N4 Elandsmarathon. Hy vertel hoe hy self in 1976 begin hardloop het, en gee raad vir beginners.
1 Apr 2022 7 min

Puik tennisprestasie vir NHS se Arili Boshoff

Hoërskool Nelspruit se Arili Boshoff is vir Suid-Afrika se skole tennisspan gekies. Dié nommer 1 speler in Mpumalanga het onlangs by die nasionale skoletoernooi die afdeling vir meisies 17 oorheers. Sy het al haar kragmetings in die enkelspel gewen. Sy het groot tennis drome, wat haar gesin ondersteun. Ma en…
30 Mar 2022 16 min

Plaaslike mediese navorser in Ghana vereer

Die plaaslike wetenskaplike Eurika Mogane is die naweek met ‘n internasionale eretoekenning vereer by die Forty under 40 Afrika-toekennings. Dit is in Ghana uitgeloof en Mogane het dit virtueel in ontvangs geneem. Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die…
29 Mar 2022 12 min

Vlug uit Oekraïne tot in Nelspruit

‘n Maand gelede, op 24 Februarie, het Rusland Oekraïne binnegeval. Nadiya Beznar (36) het met haar Suid-Afrikaanse man, Derrick, en tweejarige seuntjie, gevlug, tot by sy familie in Nelspruit. Sy vertel wat sy ervaar het.
24 Mar 2022 14 min

Twee jaar van inperking later

Vandag is presies twee jaar sedert pres. Cyril Ramaphosa die grendeltydperk aangekondig het. Ons kyk saam met ‘n paar mense terug na die massiewe veranderinge wat ons sedertien beleef het. Besoek Dearsouthafrica.co.za om ook jou stem te voeg tot die voorgestelde wetsveranderinge.
23 Mar 2022 33 min

IATS kom kuier in Mbombela

Die International Arts Talent Showcase (IATS) is op pad na Mbombela, waar oudisies vir voornemende modelle, akteurs, dansers en musikante op 28 Mei gehou word. Elsubie Verlinden, voorsitter en uitvoerende hoof van die talentagentskap 33&Me wat dit aanbied, het vanoggend vertel hoe hulle daardeur die afgelope 12 jaar $17,4 miljoen…
18 Mar 2022 11 min

Dis langnaweek. Ry veilig

Dit is skoolvakansie en langnaweek en ongelukke gebeur. Pieter Nel van Pieter Nel Prokureurs, wat spesialiseer in derdeparty-eise sê die beste ding om te doen is om alles in jou vermoë te doen om in die eerste plek nie in 'n ongeluk betrokke te wees nie. Hy deel sy raad.
18 Mar 2022 2 min

Olifant uit strik gered

Hope for Wildlife se Jana Meyer was verlede week betrokke om ‘n olifantbul wie se slurp in ‘n strik verstrengel geraak het in die Groter Kruger-area, te verlos. Sy het met Mireille gesels oor die rol van helikopters in bewaring en hoe verskriklik strikke is.
11 Mar 2022 8 min

Man ontslaan na steek in maag

Jannie Ferreira, ‘n fiksheidsinstrukteur en pa van twee, is vroeg Dinsdagoggend met ‘n mes in sy maag gesteek toe hy twee vermeende diewe in sy agterplaas in Percy Fitzpatrick-rylaan in Nelspruit betrap het. Hy is gelukkig nie ernstig gewond nie, en vamiddag reeds ontslaan. Hy het vir Mireille vertel hoekom…
9 Mar 2022 10 min
900 – 920