Dit was ‘n Kersdag en dr. Marita Raath was die veearts op roep, toe sy ‘n baie siek hond moes help wat bloed nodig gehad het. “Dit was baie moeilik om ‘n geskikte skenker vinnig by die praktyk te kry, en die hond het baie dringend bloed nodig gehad,” sê…
Reisiger, kunstenaar, storieverteller... Jak de Priester is môre saam met Bibi Slippers te sien in die tweede aflewering van Innibos se In jou huis-musiekteaterreeks. Jak, 'n ou hand in musiekteater en wat ook self dig, het vir Ludi en Mireille vertel hoe baie hy daarna uitsien. Skakel om 19:00 in…
‘n Petisie is opgestel om Mbombela-munisipaliteit se besluit, om 14 straatname in Nelspruit, Witrivier, Hazyview en Barberton te verander, teen te staan. Inwoners is genooi om binne 30 dae insette te lewer en nuwe name voor te stel vir die strate. Hulle is: Piet Retief, Bester, Anderson, Brown, Ferreira, Henshall…
Maryna Lourens (29) van Lydenburg wat gisteraand die realiteitsreeks “Op my Eish!” verlaat het, sê sy dink sy weet wie het gewen. Die reeks waarin die Laeveld se eie Francois Jacobs liefde soek, is gedeeltelik in die area verfilm. Sy het met Ludi gesels. Kyk “Op my Eish! 2” elke…
Johan Orton is aangewys as Solidariteit Helpende Hand se Fotograaf van die jaar in die Aktuele-kategorie. Dié sportfotograaf van Nelspruit het al verskeie wêreldsportgeleenthede afgeneem - sedert 2011 het hy 37 Springboktoetse gedek, wat die Rugby Wêreldbeker-eindstryd in Japan 2019 ingesluit het. Hy was ook by Wimbledon in 2017 en…
Op my eish! het tydens gisteraand se episode 'n bietjie in Pelgrimsrus gekuier. Elaine Adlem (29) van Kaapstad sê sy het besef sy en Francois Jacobs, wat in die reeks liefde soek, sal nooit meer as net vriende wees nie, en het daarom besluit om huis toe te gaan. Hulle…
In die nuus uit die Laeveld die week: # Hetta Potgieter se moordenaar kry vierde lewenslange vonnis # Kommer oor tekort aan ambulanse in Mpumalanga # Vroue genooi om in te skryf vir Mev. Mpumalanga # KANSA RFL trek 'n korter baadjie aan vir 2022. Luister die hooftrekke hier.
Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Gisteraand (12 Mei) is Gené van Niekerk en Michelle van der Merwe huis toe. Gené was meer as gereed om die reeks vaarwel toe te roep. Sy het met die Ontbyt-span gesels oor haar ervaring.
Die Pumas se "Clashes of Schools" is aan vir môre-aand by Mbombela-stadion wanneer die tuisspan die besoekende WP die stryd aansê in hul Curriebeker-kragmeting. Laerskool Witrivier White River Primary se rugbyspelers het vanmiddag hul staal in die ateljee kom wys. Het dié skool die grootste gees? Ons vind Vrydag uit…
In die nuus uit die Laeveld die week: # Vyf rondloper-olifante na NKW geskuif, een van kant gemaak # Hillary Gardee se vermeende moordenaars laat vaar hul borgaansoeke # Oekraïense vlugteling neem Parkrun in die Laeveld op vir haar landgenote # Mbombela ingesluit by die SPAR Grand Prix-reeks # Die…
Vyf van die olifante wat Saterdag in Nkomazi opgemerk is, is gister gevang en in die vroeë oggendure na die Krugerwildtuin verskuif. Een bul moes van kant gemaak word, weens ‘n ernstige skietwond in sy skouer wat sy beweging belemmer het. Die trop, geskat op 11 olifante, se reis het…
Raap jou slimste en skerpste vriende bymekaar en skryf as ’n span in vir Innibos se tweede Flinkdink op Donderdag, 19 Mei, om 18:00. Dit gaan nie net julle algemene kennis toets nie. In die Noot vir noot- en Beat the intro-afdeling kan die spanne mekaar lekker troef met hulle…
Nadiya Bezhnar het uit haar geboorteland gevlug toe Rusland Oekraïne einde 24 Februarie binnegeval het. Sy en haar Suid-Afrikaanse man en hul tweejarige seuntjie het besluit om hulself eerder tydelik in Nelspruit te vestig as om in Europa te bly. Nadiya se familie is egter steeds in die beleërde land…
Sommige mense noem duiwe vlieënde rotte, sonder om te besef hoe skoon hulle werklik is. Jan Labuschagne van die Oostelike streek van die Suid-Afrikaanse Sierduif-vereniging sê hulle is baie meer gepas bekend as die voël van vrede. Hulle het ook heelwat gewoontes soos mense, vertel hy vir Ludi en Mireille…
Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Hy het in die eerste episode 15 vroue gekies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Daarna het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy is met twee nuwe deelnemers…
Wilderness Search and Rescue vra dat die uitdunning van olifante so spoedig moontlik hervat word in die Krugerwildtuin, wat volgens sommige bronne net 7 000 olifante kan huisves. Daar is na raming tans sowat 40 000. Wildtuin woordvoerder, Ike Phaahla, sê egter hulle kan veel meer olifante akkomodeer as in…
Werner Terblanche het vanmiddag eerste aangesit by Que’s Café vir hul burger-uitdaging. Hy moes 'n trippeldekker burger van 2,5 kg kafdraf binne 20 minute. Kon hy slaag? Luister hier.
Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Hy het in die eerste episode 15 vroue gekies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Verlede week het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy is met twee nuwe…
President Cyril Ramaphosa het gister Vryheidsdag amptelik in Mpumalanga herdenk. Hy het in die hoofrede wat hy gelewer het by die Kees Taljaard-stadion in Middelburg gesê Suid-Afrikaners het bewys hulle is veerkragtig, en het ‘n verantwoordelikheid om nie moed te verloor nie. Luister weer hier na ‘n uittreksel uit sy…
Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Stephen de Meyer van Dullstroom…
28 Apr 2022
2 min
880 – 900
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.