100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,121 Episodes
940 – 960

Leer 'n Afrika-taal

Marie-Louise Botha van die Bothabile African Language Institute weet waarvan sy praat wanneer sy sê dit is moeilik om 'n nuwe taal te leer, maar elke mens het die vermoë om dit reg te kry. Sy praat agt tale, onder meer Sotho, Zulu, Sepedi, Tswana en siSwati. "Dit is die…
24 Jan 2022 1 min

Danie Stassen se kinderdroom bewaarheid met Dakar-deelname

Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het. Stassen sê dit voel asof hy die lotery gewen het, en dat elke dag se deelname aan die moeilikste motorsport-wedren in die wêreld, ‘n…
21 Jan 2022 11 min

Topmatrikulant deel raad

Luke Smythe was Uplands College se toppresteerder met agt onderskeidings in sy nege vakke die afgelope matriekeksamen. Hy tel ook onder die top 1% van nasionale presteerders in die IEB-uitslae in lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering. Hy sê hy is gelukkig om in ‘n skool soos Uplands te kon wees,…
20 Jan 2022 1 min

G.Fox Nelspruit neem intrek in nuwe tuiste

G.Fox Nelspruit het 'n nuwe tuiste en vier dit vandag met 'n partytjie. Verwag baie spesiale aanbiedinge die heeldag. Moenie uitmis nie! Niadri vertel ons meer.
19 Jan 2022 3 min

NHS bied 26 Februarie interhoër aan

Hoërskool Nelspruit bied volgende maand die interhoër aan, na hierdie vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie plaas kon vind nie. Hoof, Johan Hattingh, sê beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie. Op 26 Februarie sal sewe hoërskole op hul terrein deelneem. Sowat duisend…
17 Jan 2022 2 min

Uplands College verwelkom nuwe hoof

Allan Laing, die nuwe hoof van Uplands White River College, het vanoggend in die ateljee kom kuier. Hy het met Ludi en Mireille gesels oor hoekom hy baie opgewonde is om by die Uplands-familie aan te sluit.
13 Jan 2022 9 min

Luister: Ma vertel hoe vermeende kapers dogter skiet

‘n Tienermeisie van Gauteng is gister in haar been getref toe sy saam met haar ma en boetie aangeval is, op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin. Volgens Sersant Nanikie Nonyane van die Masoyi polisie, het dit om sowat kwart voor 1 gebeur naby die taxi-staanplek op die…
4 Jan 2022 7 min

Radio Laeveld saai regstreeks uit vanaf oudpresident MT Steyn se familieplaas

Gerhardt het die pad gevat Vrystaat toe, en gaan kuier by Onze Rust, die familieplaas van oudpresident MT Steyn, die sesde en laaste president van die onafhanklike Republiek van die Oranje Vrystaat. Dit was die eerste keer ooit dat 'n radiostasie regstreeks van hierdie historiese baken uitgesaai het. Sy agterkleinseun,…
30 Dec 2021 15 min

Grace Baby Haven open eersdaags sy deure

Justin en Ané Grobbler maak in Januarie Grace Baby Haven se deure in Mbombela oop. Dit is 'n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar 'n baie groot vraag is. Hulle het vir Mireille meer vertel.
28 Dec 2021 19 min

Angs onder kinders: Wat elke ouer moet weet

Kinders van al hoe jonger ouderdomme benodig toenemend professionele hulp vir angs. Die onsekerheid wat onder meer die Covid-19-pandemie teweeg gebring het, dra daartoe by, maar dit is nie tot dit beperk nie. Opvoedkundige sielkundige, Christie Malan, gee raad vir ouers.
20 Dec 2021 25 min

Die gevaar van hondsdolheid is altyd daar

Hondsdolheid gaan nooit weg nie. Daar is landyd vanjaar 'n skerp styging in gevalle van die siekte onder mense aangemeld - die meeste van hulle kinders. Dr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in Mbombela, waarsku dat mense steeds op hul hoede moet bly, selfs wanneer daar nie 'n…
14 Dec 2021 14 min

Hoe jy na 'n Alzheimer's-pasiënt kan omsien

Mense met Alzheimer's siekte het spesiale versorging nodig, en dit moet dikwels deur geliefdes gedoen word. Elria Erasmus, maatskaplike werker by Alzheimer's Nelspruit, het raad as jy jouself in daardie situasie bevind.
13 Dec 2021 20 min

Child Welfare: Geweld teen kinders word al hoe meer, en dit is oral

Dit is 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Nomfundo Myeza van Child Welfare Nelspruit sê dit is bitter nodig om te praat oor die mishandeling van kinders, wat al hoe erger word, en elke gemeenskap raak, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond of kultuur.
29 Nov 2021 23 min

Belowende jong tennisspeler behaal sukses in Europa

Laerskool Nelspruit se JP Snyman (12) is pas terug van sy tennistoer in Europa. Hy het op die Paris West Tennis Academy se kleibane geoefen en aan sy eerste toernooi op dié oppervlakte deelgeneem waar hy sewe van sy nege wedstryde gewen het. Hy en pa, Tiaan, het met Gerhardt…
22 Nov 2021 12 min

Swemveiligheid vir kleintjies hierdie somer

Om te kan swem is 'n noodsaaklike lewensvaardigheid, en selfs meer so in Suid-Afrika (en die Laeveld) waar water en swembaddens en damme 'n leefstyl is. Hoe hou jy klein kindertjies egter veilig? Lauren Roberts van Swim Dynamics het met Amanda daaroor gesels.
16 Nov 2021 8 min

Nog somerstorms rig groot skade aan in Ehlanzeni

Dele van Mbombela en Nkomazi is die afgelope naweek erg beskadig deur storms. Jacques Benade van provinsiale rampbestuur het vir Gerhardt vertel wat hulle die res van die somer van die weerspatrone verwag. Luister hier weer daarna.
10 Nov 2021 12 min

Groot inisiatief vir mense met gestremdhede tot Desember

Mense met gestremdhede het dieselfde uitdagings as ander, net nog meer. So verduidelik die Mpumalanga Raad vir Mense met Gestremdhede se Steven Mthombeni oor hoekom dit so belangrik is om mense met gestremdhede te help, en hoe groot die vraag na hul dienste is.
26 Oct 2021 21 min

Bietjie-Bietjie-Bos se program nou beskikbaar

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember 'n Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Die program is gefinaliseer, en kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig is daar net 1 800 kaartjies vir elke dag beskikbaar, weens inperkingsregulasies.
25 Oct 2021 2 min
940 – 960