GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
160 – 180

Lynnete Beer

GROOTfm 90.5 — Lynnete Beer Inspirasie
6 Mar 2020 1 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryka, Jhanyka en Bjorn, 4 Maart 2020

Maryka Coetzee is op 13-jarige ouderdom met totale nierversaking in ‘n hospitaal in Johannesburg opgeneem. Sy was die hele jaar in die hospitaal en het die dag voor Kersfees haar eerste nieroorplanting gekry. Op haar 22ste verjaarsdag kry sy haar 2de nieroorplanting. Na haar eerste huwelik geweldadig raak vlug sy…
4 Mar 2020 9 min

Lynnete Beer

GROOTfm 90.5 — Lynnete Beer Inspirasie
28 Feb 2020 1 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – Oom Sakkie Parsons

Oom Sakkie Parsons (72) kan nie baie van sy kinderjare onthou nie. Hy vermoed dis omdat die Here vir ons breine ‘n soort meganisme geïnstalleer het wat sekere dinge “delete” of so diep in die argiewe bêre dat dit nie Sy kinders moet pla nie... Oom Sakkie en sy boeties…
26 Feb 2020 10 min

Lynnete Beer

GROOTfm 90.5 — Lynnete Beer Inspirasie
21 Feb 2020 1 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – Fadi en Antonette, 19 Februarie 2020

Antonette is in ‘n shebeen in Danville gebore. Reeds vroeg in haar lewe is sy aan geweldige mishandeling blootgestel. Op 12-jarige ouderdom het haar pa haar vir bokslesse geneem om haarself te kon beskerm en 3 jaar later was sy die Wêreldkampioen in haar gewigsklas. Antonette was die een wat…
19 Feb 2020 10 min

Lynnete Beer

GROOTfm 90.5 — Lynnete Beer Inspirasie
14 Feb 2020 1 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – Calista Sellar, 12 Februarie 2020

Calista Sellar is in haar Graad 3 jaar, Oktober 2014, met Fanconi Anemia gediagnoseer – ‘n baie raar genetiese kondisie wat die beenmurg affekteer en so die vervaardiging van alle soorte bloedselle in die liggaam. Sy moes elke 4 tot 6 maande vir bloedtoetse gaan om haar plaatjietelling te monitor…
12 Feb 2020 10 min

Lynnete Beer

GROOTfm 90.5 — Lynnete Beer Inspirasie
7 Feb 2020 2 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – Elnye Potgieter, 5 Februarie 2020

Elnye Potgieter (8) is in 2016 met Ollier Beensiekte gediagnoseer. Reeds op 5-jarige ouderdom is haar linkervoet geamputeer. Vandag is sy die trotse eienaar van ‘n pienk prostese wat haar help om bietjie meer normaal te funksioneer as ‘n dogtertjie wat graag skool net so voluit soos haar maats by…
5 Feb 2020 7 min

#JouMenseMyMense 26 November 2019 - 'n Kersete vir Huis Phyllis Robertson

Ons het die afsluiting van 2019 se #JouMenseMyMense projek gevier met ‘n spesiale kersete saam met die 64 inwoners van Huis Phyllis Robertson! Hierdie Huis ontvang geen staatshulp vir die werk wat hulle doen om na elkeen van die gestremde persone met hulle spesiale behoeftes om te sien nie. Die…
27 Nov 2019 7 min

Kersfees HOOPstoot 3 - Candice se kunsbeen vir Kersfees

GROOTfm 90.5 — Candice Badenhorst (37) was 19 jaar oud toe sy met ‘n vorm van beenkanker gediagnoseer is. Na 5 sessies chemoterapie het hulle die gewas uitgesny, maar kort daarna was daar weer ‘n knoppie op haar been. Na die opvolgoperasie het die wond nie gesond geword nie en…
25 Nov 2019 4 min

Jessica Dalla Torre onderhoud

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
24 Nov 2019 8 min

#JouMenseMyMense – Marika de Klerk

Jy sien Marika de Klerk se omgeehart in elke plasing op haar Facebookprofiel – dis van boere in nood en honger kinders tot werkskepping en orgaanskenking. Dit was nog altyd haar wêreld... Marika het jare lank by Sungarden Hospice gewerk en in 2010 die Pretoria Wes Gemeenskapsforum begin. Die doel…
19 Nov 2019 8 min

#JouMenseMyMense – Swanepoel gesin

Ernst Swanepoel (47) van Booysens in Pretoria-Wes is blind gebore. Sy vrou, Christelle en jongste seun (6) het ook verskillende gestremdhede. Ouboet (8) is baie gelukkig in die skool en vir Ernst is dit ‘n daaglikse hoogtepunt om saam met sy seun skool toe te stap. “Dis wanneer hy my…
13 Nov 2019 8 min

#JouMenseMyMense - 5 Nov '19 - 'n Spesiale Meiring verjaarsdag

Mauritz Meiring was ‘n hardwerkende gesinsman wat alles in sy vermoë gedoen het om sy vrou, Salomé en twee kinders, Derek (18) en Christelle (15) in alle opgesigte te ondersteun. In 2018 het hy eers sy been by die werk gebreek, toe gangrene in sy linkervoet gekry en later moes…
6 Nov 2019 8 min

#JouMenseMyMense - Alida - 29 Oktober 2019

Toe Alida (46) saam met haar kollega by die huis waar sy ‘n buitekamer huur, stop, het sy dadelik die gesigte van die GROOTfm span wat op die sypaadjie vir haar wag, herken. Sy bly eers ‘n rukkie in die kar sit en dan loop die trane soos sy uitklim…
29 Oct 2019 7 min
160 – 180