GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
180 – 200

#JouMenseMyMense – Om weer te kan sien...

Die oogspesialis, Dr. Marcel Niemandt poog om elke jaar (reeds die afgelope 9 jaar) tydens “Eye Care Awareness Week” vir behoeftige persone die geskenk van sig te gee met gratis katarakchirugie. ‘n Groot geskenk met ‘n operasie wat ongeveer R25 000 per oog beloop. Vir hierdie jaar se “geskenke” ter…
15 Oct 2019 7 min

#JouMenseMyMense 8 Oktober 2019 - Kleintreetjies se Amanda

Kleintreetjies Kleuterskool is al 37 jaar oud en die eienaar, Amanda was op die 1ste Junie al 20 jaar lank aan die stuur van hierdie stukkie hemel vir 83 kleuters en 35 naskool kinders. Die skool het 11 voltydse personeel en 2 drywers wat die kinders met bussies by die…
8 Oct 2019 6 min

#JouMenseMyMense – Jessica Liebenberg – 1 Okt 2019

In Mei 2019 is ‘n biopsie gedoen op ‘n groeisel op 36-jarige Jessica Liebenberg se rug. Die chirurg het bevestig dat dit ‘n kwaadaardige melanoom is en aanbeveel dat hulle ‘n groter gedeelte van die tumor uitsny en dan ‘n middel in haar limf spuit wat bepaal of die kanker…
1 Oct 2019 6 min

#JouMenseMyMense - 17 September 2019 - Marius van Dyk

Die skuifdeur na Marius van Dyk (62) se huis agter die petrolstasie waar hy die afgelope 12 jaar as bestuurder van die karwas en sleepwaens gewerk het, staan oop toe ons daar aankom. Asof mens sommer enige tyd welkom is. Sy kollegas en ook van sy oud-kollegas wat help dra…
17 Sep 2019 1 hour

#JouMensenMyMense – 10 Sep 2019 – Toe dinge reggekom het…

Sy wou ons eers by die baksteenhuis op die erf in Pretoria-Wes invat sodat ons daar kan gesels. “Julle sal sien ek het niks in my wendyhuisie nie… En dit raak warm.” Maar dis daar op die vloer van *Jackie se “dak oor haar kop” wat sy haar storie vir…
11 Sep 2019 6 min

#JouMenseMyMense - 3 September 2019 - 'n Dankie vir haar opoffering

Vanoggend kon ons span ‘n vrou gaan verras wie beide haar ouers tot op die einde versorg het en wie se familie op ‘n manier vir haar waardering wou wys vir al haar opoffering... Lizette Hamer se ma is in April 2016 met aggressiewe longkanker gediagnoseer. Die tannie moes ‘n…
3 Sep 2019 6 min

Goeie Nuus Vrydag

GROOTfm 90.5 — GROOTfm 90.5 en Pharma Valu se omgeeprojek skop af!
16 Aug 2019 4 min

#JouMenseMyMense 13 Augustus 2019 – Nikita se “karretjie”

Nikita is 32 jaar oud en sy kom van Pretoria-Wes. Sy is gebore as ‘n dipleeg, met gevoel in haar lyf, maar sy kan nie loop nie. Sy is in ‘n rolstoel en geheel en al afhanklik van ander mense om oor die weg te kom. Haar ouers is geskei…
14 Aug 2019 6 min

Jennifer gesels met Willem Botha

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
8 Aug 2019 15 min

Jennifer gesels met ReBORN

GROOTfm 90.5 — Jennifer het met die nuwe groep ReBORN gesels oor hulle nuwe enkelsnit-Long Road en hulle planne voorentoe.
6 Aug 2019 13 min

#JouMenseMyMense 6 Aug 2019 - Om die diefstal te stop...

Die diefstal, plunder, seermaak, trauma en verlies van ‘n plaasaanval is erg, maar soveel te meer as dit voel of dit maande later steeds voortduur... Ons was laas jaar by Robbie Feldman (56) en sy vrou Hester (52) kort na die aanval op hulle gesin, die oggend van 11 Oktober…
6 Aug 2019 8 min

#JouMenseMyMense 30 Julie 2019 Gradeplegtigheid

“Begin net” was die frase waarmee GROOTfm 90.5 se projekte in 2019 afgeskop het. ‘n Beginsel wat ons in Plastic City geleer het. Ons hart was van die begin af by die kinders wat nie dié haglike omstandighede tussen berge rommel en vuil rioolwater gekies het nie en daarom het…
30 Jul 2019 7 min

#JouMenseMyMense - 23 Julie 2019 - Hero Lizandri Oosthuizen

11 jarige Lizandri Oosthuizen van Thabazimbi is tans in Steve Biko Hospitaal na sy op die 5de Julie in ‘n bad met kokende water geval het. Die ongeluk het gebeur op die plaas waar sy en haar ma, Chantell bly. Sy het op die rand gesit terwyl sy ‘n bad…
23 Jul 2019 6 min

Mandela Dag - SPAR Northrand

GROOTfm 90.5 — SPAR Northrand het besluit om vir Madibadag 154 van hulle winkels uit te daag om blikkies kos te skenk vir GROOTfm90.5 se #lositbeter projek! Ons het by hulle ‘n draai gaan maak waar 'n span van 18 mense al van vroeg die oggend die telefone wit warm…
18 Jul 2019 4 min

#JouMenseMyMense – 16 Julie 2019 – Verjaarsdag vrygewigheid

Soos ons instap by Jeanette (50) en haar gesin se tuinwoonstel in Claremont, Pretoria-Wes, speel GROOTfm 90.5 op die radio. “Ja, ek kuier heel dag saam met julle,” vertel sy opgewonde. Dis vir haar ‘n groot oomblik om vir Francois te kan ontmoet. Voel vir haar of sy sommer nou-nou…
17 Jul 2019 6 min

#JouMenseMyMense - 2 JULIE 2019 - WOLLIES

155 sakke hondekos van 4 TON vir plus minus 950 honde-magies, aan twee baie spesiale vriende van GROOTfm 90.5 - Wollies en Paws Love Animal Shelter. Drie baie spesiale vriende wat hierdie alles ‘n werklikheid gemaak het – Ons vriende van SPAR, Bobtail en RCL foods. Soos wat Erna (wat…
2 Jul 2019 5 min
180 – 200