GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
200 – 220

#JouMenseMyMense – 25 Junie – Just Being Marinel

GROOTfm 90.5 — Nelmari en IP van Niekerk is beide onderwysers. Nelmari by Hoërskool Montana en IP by Hoërskool Akasia. Hulle is in 2008 getroud en hulle pragtige dogtertjie, Marinel is in 2010 gebore. Alles het aanvanklik perfek gelyk tot op so 9 maande oud. Marinel kon nog nie sit…
25 Jun 2019 7 min

#JouMenseMyMense - 18 Junie 2019 - Kosmos Care Centre

GROOTfm 90.5 — Die “Kosmos Care Centre” in Onderstepoort is al vir 27 jaar lank ‘n veilige hawe vir van bejaardes en persone met verskillende gestremdhede tot desperaat arm en behoeftige mense en selfs verslaafdes wat weer op hulle voete probeer kom. Die hoeveelheid inwoners wissel soms van dag tot…
18 Jun 2019 7 min

Intiem onderhoud

GROOTfm 90.5 — “PASOP VIR DIE VIER GEVAARSONES.” “BESKERM JOU HUWELIK SO.”
6 Jun 2019 13 min

#JouMenseMyMense - 28 Mei 2019 - Hospitaalbesoek: Chardiney Ludick

GROOTfm 90.5 — Chardiney Ludick (4) het ongeveer 3 maande gelede aanvalle begin kry wat dokters aanvanklik gedink het is epileptiese aanvalle. Na verskeie toetse het hulle later bevestig dat dit deur ‘n breingewas veroorsaak word, wat vermoedelik oor die afgelope jaar gegroei het. Chardiney het begin met medikasie om…
28 May 2019 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR - Juffrou Maretha Kruger

GROOTfm 90.5 — Toe die Woeries vanoggend 10 uur op die skool se aantreeblad bymekaar kom, het niemand geweet wat vir geliefde Juffrou Maretha Kruger (44) voorlê nie... Inteendeel, min mense het tot vandag geweet dat sy na ‘n lang dag op haar voete voor in die Duitse klas of…
14 May 2019 8 min

Jesus Film Projek

GROOTfm 90.5 — Hullebediening is drievoudig: 1.) Mike is verantwoordelik vir al die Jesus Film Projek spanne in Suid Africa se film wys toerusting. 2.) Natasha is die koördineerder vir die Magdalena Vroue Film strategie in Suid Afrika en 3.) Hulle is die stigters van Eco Ministry waar ons uitreik…
5 May 2019 31 min

#JouMenseMyMense – Martie Venter – 23 April 2019

GROOTfm 90.5 — Martie se German Sherperd, Flekkie keer eers beskermend by die voordeur van haar woonstel voor ons as’tware sy toestemming het om in te stap. Ons weet nie heeltemal wat om te verwag nie. Amper soos Ria toe Martie daardie eerste dag voor haar huis stop om na…
23 Apr 2019 6 min

#JouMenseMyMense – 16 April 2019 – Oom Danie en Sungardens Hospice

GROOTfm 90.5 — “Ek wil julle harte pick,” was die woorde waarmee Danie Engelbrecht sy briefie begin het. “Ek wil graag iets vir Sungardens Hospice doen, want vir die eerste keer in my lewe besef ek hoe afhanklik terminaal siek mense van ‘n plek en diens soos dié van Hospice…
16 Apr 2019 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Drika en Melt se seuntjie

GROOTfm 90.5 — Drika is 34 jaar oud en werk in die beheerkamer van ‘n sekuriteitsfirma in Pretoria-Noord. Haar man, Melt het vier maande gelede sy werk verloor. Hulle het nie ‘n kar nie, so waar hulle ook al moet wees, stap hulle – ook nou terwyl Melt elke dag…
9 Apr 2019 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena

GROOTfm 90.5 — Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self,…
26 Mar 2019 6 min

#JouMenseMyMense - 19 Maart 2019 - Giovanni Hendriks

GROOTfm 90.5 — Op die 25ste Februarie het Giovanni Hendriks die middag by die huis gekom en vir sy ma gesê daar is ‘n krapperigheid in sy keel. Later die aand kon hy nie meer praat of sluk nie. Giovanni het 8 jaar gelede aan Guillain-Barré-sindroom gely en was bang…
19 Mar 2019 7 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon

GROOTfm 90.5 — Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6 kinders wat hier woon, het almal ouers, maar…
15 Mar 2019 7 min

#JouMenseMyMense - 5 Maart 2019 - David Modiba, die afrigter

GROOTfm 90.5 — GROOTfm 90.5 is die afgelope jaar betrokke by David Modiba se Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Dit het begin by 9-jarige Annerike Heyneke wat tydens een van die landloopwedlope gesien het dat van die atlete nie tekkies het nie en tussen items die gehawende sportklere uitruil. Sy het begin…
5 Mar 2019 8 min
200 – 220