Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1220 – 1240

Gesondheid ken 52 beurse toe

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 52 beurse toegeken om die tekort en vaardigheidsgaping in die gesondheidsektor aan te spreek, veral tussen landelike en stedelike gebiede. Die beurse dek velde soos tandheelkundige terapie, optometrie en mediese ingenieurswese. Luvindao sê dat die beurse onder Projek 2013 val, wat reeds 586 gegradueerdes…
7 Jul 5AM 1 min

EFF eis Mchunu skorsing na KZN-onthullings

Die EFF eis die onmiddellike skorsing van die minister van Polisie Senzo Mchunu en die adjunk-nasionale kommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrakc Sibiya. Dit volg na die skokkende onthullings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, insluitend politieke inmenging in sake wat die polisie ondersoek. Die EFF se woordvoerder, Sinawo Thambo, sê die…
7 Jul 5AM 1 min

BKS: Melk van kwarantyn-plase sal bemark kan word

Die Departement van Landbou sê met sommige provinsies wat sukkel met bek-en-klouseer, het hulle besluit om toe te laat dat melk van kwarantyn-plase in Limpopo en die Oos-Kaap op die plaaslike mark vrygestel word. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die opheffing van die siektebestuursgebiede aangekondig nadat verskerpte pogings…
7 Jul 4AM 1 min

Dooiepunt in Oekraïne vrede-gesprekke frustreer

Tymofiy Mylovanov, die president van Kiëf se Ekonomiese Skool en voormalige ekonomieminister in die Oekraïne, sê die stop van die besending van Patriot-missiele na sy land, sowel as die dooiepunt tussen presidente Putin en Trump is uiters frustrerend. Hy het in ‘n onderhoud met CNN gesê al wat gaan gebeur…
7 Jul 4AM 1 min

Onwettige immigrante in SA mag mediese behandeling ontvang

Die Young Intelligent Minds of South Africa sê onwettige buitelandse burgers kan nie toegang tot gesondheidsorg as gevolg van hul status geweier word nie. Die YIMOSA-leier, Jeffrey Mabunda, sê dit volg nadat die Forum for South Africa en ActionSA die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie veroordeel het omdat hulle gesê het buitelandse burgers…
7 Jul 3AM 1 min

Gemeenskap ruk op teen aspekte van Stad Windhoek se bestuur

Gemeenskapslede in die hoofstad word uitgenooi na 'n perskonferensie vandag om half-11 by die Katutura-jeugkompleks. Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat verskeie aspekte van Stad Windhoek se bestuur, insluitend sy rekeningstelsel, sal onder die loep kom.
7 Jul 3AM 1 min

Slagoffers moet nie sake terugtrek nie

Die Gautengse portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het 'n ernstige waarskuwing gerig aan misdaadslagoffers, veral slagoffers van geslagsgeweld, om nie strafregtelike sake teen oortreders terug te trek nie. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê dit kom te midde van groeiende kommer oor 'n ontstellende tendens wat pogings om geslagsgeweld te bestry en oortreders…
7 Jul 2AM 1 min

Indië verpletter Engeland met 336 lopies

Indië het Engeland met 336 lopies in die tweede toets op Edgbaston geklop om die reeks van vyf wedstryde een elk gelykop te maak. Die gashere het 'n reusetaak gehad om 608 lopies te jaag, maar is vir 271 voor teetyd op die vyfde en laaste dag uitgehaal. Akash Deep…
7 Jul 2AM 1 min

Musk se party sal chaos skep - Trump

Amerika se president Donald Trump het Elon Musk se besluit om ʼn nuwe politieke party te stig, gekritiseer en sê ʼn derde party sal nooit werk nie. Die miljardêr het op sy sosialemediaplatform X aangekondig hy het die America Party gestig en beskryf dit as ʼn uitdaging vir die tweepartystelsel…
7 Jul 1AM 1 min

SA amptelik in routydperk vir Mabuza

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat voormalige adjunkpresident, David Mabuza, Saterdag in Mpumalanga met ʼn Kategorie 2-staatsbegrafnis vereer sal word. Die 64-jarige Mabuza is verlede week na ʼn kort siekbed in Johannesburg dood. Die president het ook ʼn routydperk afgekondig wat van vandag tot Saterdagaand sal duur. Ramaphosa se woordvoerder,…
7 Jul 1AM 1 min

Cirrus sê Wêreldbank verskuiwing is goeie ding

Cirrus het ‘n ontleding gedoen na Namibië vanaf die boonste middelinkomste band na die laer middelinkomste band geskuif is deur die Wêreldbank. Die Cirrus ekonoom Tannan Groenewald sê dis nie negatief nie.
7 Jul 1AM 1 min

Brent kan tot US$60 daal na Opul produksie verhoog

Opul het Saterdag besluit om olieproduksie in Augustus met 548 000 vate per dag te verhoog. Dit is hulle eerste vergadering sedert oliepryse gestyg en weer gedaal het ná die VSA en Israel se aanvalle op Iran. Die groep, wat helfte van die wêreld se olie lewer, het produksie sedert…
7 Jul 12AM 1 min

Namcor kort reddingsboei, N$1,3 miljard in die rooi

Namcor se finansiële penarie raak toenemend benard met dié nasionale petroleumkorporasie wat ‘n rekord netto verlies van bykans 1,3 miljard Namibiese dollar in sy 2022/23-boekjaar gely het. Namcor se syfers vir die afgelope finansiële jaar is nog nie bekend nie, aangesien dit tans geoudit word. Volgens Namcor se woordvoerder, Utaara…
7 Jul 12AM 1 min

Bank Windhoek hersien ook fooie

Bank Windhoek het 'n hersiene fooistruktuur bekendgestel in reaksie op ekonomiese druk en 'n geprojekteerde inflasiekoers van 4,5 persent. Die aanpassings is daarop gemik om diensgehalte met bekostigbaarheid te balanseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Zenaune Kamberipa, die bank se hoof finansiële beampte gepraat.
6 Jul 11PM 1 min

Wetstoepassers ontplooi by hospitale in buurland

Die regering sê die Polisieministerie en die Departement van Gesondheid het openbare orde-polisiëring ontplooi om wet en orde by gesondheidsfasiliteite te handhaaf, aangesien Suid-Afrikaners buitelandse burgers verhoed om toegang te verkry. Die waarnemende regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê wetstoepassers sal voortgaan om die wet toe te pas, en daadwerklike stappe doen…
6 Jul 11PM 1 min

Gure weer hou Wes-Kaap gevange

Die Wes-Kaapse Provinsiale Rampbestuursentrum bly op hoë gereedheidsgrondslag terwyl slegte weersomstandighede voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat nog koue, nat en winderige weer op pad is, met reënval van tien tot 20 millimeter wat in verskeie gebiede verwag word, veral in bergagtige streke. Die woordvoerder van die departement van…
6 Jul 6AM 1 min

Oudit oor SA spookwerkers dringend nodig

'n Deurwinterde arbeidsadvokaat, Michael Bagraim, het gevra vir 'n deurtastende spookwerker-oudit in alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente. Hy sê in Mei vanjaar het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, 'n uitgawe-oorsig vir opruiming van meer as 300-miljard-rand sedert 2013 bekend gemaak om ondoeltreffende regering, insluitend spookwerknemers, uit te roei. Bagraim…
6 Jul 5AM 1 min

SA minister wil lyfstraf in tronke hê

Die polisie- en gevangenisvakbond, POPCRU sê hulle verwerp ten sterkste die idee om geweld as 'n instrument van regstelling by korrektiewe instellings te gebruik. Vakbondwoordvoerder, Richard Mamabolo, het gereageer op die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, se beroep vir die herinstelling van lyfstraf in korrektiewe sentrums. Mamabolo sê die…
6 Jul 4AM 1 min

Visserye: Té min geld vir waarnemers

Namibië se visseryewaghond het tans net 121 waarnemers op bote en in fabrieke, omtrent die helfte minder as wat nodig is vir doeltreffende monitering. Volgens die waarnemersagentskap vir visserye, die FOA, het hulle nie genoeg geld om meer waarnemers aan te stel nie. Die agentskap is ook nie by magte…
6 Jul 3AM 1 min

Ramaphosa moet menseregtekommissie ondersoek

Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa versoek om volledig ondersoek in te stel na die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie voordat dinge handuit ruk. Forumleier Tebogo Mashilompane sê vir jare het baie gemeenskappe regoor die land geen drinkwater gehad nie. Dit is 'n skending van menseregte, maar…
6 Jul 2AM 1 min
1220 – 1240