Die ministeries van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en van Handel, Nywerheid en Mededinging het 'n plan aangekondig om Suid-Afrikaanse ondernemings te steun wat geraak word deur die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent. Maatreëls sluit in 'n uitvoer-ondersteuningskantoor, befondsing om plaaslike nywerhede te bevorder en 'n spesiale mededingings-vrystelling wat uitvoerders toelaat…
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, en adjunkminister Mkhuleko Hlengwa, sê die departement se eerste skoon oudituitkoms in 31 jaar is 'n stap in die rigting van 'n volledig verantwoordbare en skoon administrasie. Hulle het hierdie skoon oudituitkoms toegeskryf aan die departement se verbintenis tot skoon bestuur en verantwoordbaarheid. Die…
ʼn Top-assistent van die Amerikaanse president, Donald Trump, beskuldig Indië dat hy Rusland se oorlog in Oekraïne finansier deur olie by Moskou te koop. Dit volg net enkele dae nadat die Trump-administrasie ʼn tarief van 25-persent op Indiese uitvoerprodukte na Amerika ingestel het. Die Withuis dreig met nog optrede indien…
Die Namibiese regering het 5 518 begunstigdes hervestig onder sy grondhervormingsprogram, insluitend 26 wat onlangs opleiding in infrastruktuur, vee- en gewasbestuur voltooi het. Namens die landbouminister Inge Zaamwani, het die goewerneur van Omaheke, Pijoo Nganate, begunstigdes herinner aan hul verantwoordelikheid om selfstandig te word.
Cope sê die voortgesette erosie van etiese regering onder Ramaphosa se leierskap is verraad teen die demokratiese waardes waarvoor Suid-Afrikaners geveg het. Die party sê adjunkpresident Paul Mashatile se versuim om 'n diamantgeskenk van 'n twyfelagtige sakeman te verklaar, tesame met Ramaphosa se weiering om aanspreeklikheid te eis, illustreer 'n…
Die suidelike dele, veral die suidweste, reën ontvang met die kouestelsel wat in beweeg. Volgens weerkenner George van der Merwe sal die wolkbedekking ook dagtemperature laag hou.
Reaksie word ontvang op kommer oor werksverliese met die nuwe minimumloon. Namibië se minimumloon het op 1 Januarie vanjaar gestyg en sal in 2027 vir ‘n derde opeenvolgende jaar styg, ‘n toename van 80 persent. 'n Algemeen gebruikte koëffisiënt dui daarop dat vir elke persent ekonomiese groei, indiensneming met slegs…
Gevangenes van 60 jaar en ouer ontvang nie ouderdomspensioene terwyl hulle in die tronk is nie, aangesien hul behoeftes deur die staat gedek word. Die diens stel die lynministerie in kennis om betalings tydens opsluiting op te skort, maar help om dit weer in te stel voor vrylating. Kosmos 94.1…
Reaksie word ontvang op toenemende voëlgriepgevalle wat onlangs in die buurland, met die jongste voorval in die Wes-Kaap, sowel as Botswana, bevestig is. Dit is belangrik vir gemeenskappe en owerhede om waaksaam te wees vir tekens van infeksie in beide pluimvee en wilde voëls. Vroeë opsporing en voorkomende maatreëls is…
Die Suid-Afrikaanse landbouminister John Steenhuisen het ʼn volledige verslag aangevra oor die onlangse verkiesingsproses van die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad. Dit volg nadat kommer uitgespreek is oor die proses se deursigtigheid en prosedurele integriteit. Die ministerie se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê dit sluit teenstrydige kommunikasie aan geregistreerde veeartse in oor…
Die SAKP sê sy onafhanklike deelname aan die 2026 plaaslike regeringsverkiesing is om namens die werkersklas en werkloses te staan en nie om die drieledige alliansie te verbreek nie. Die party het sy 104de herdenking gister by KwaDlengezwa naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal gevier. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, beskuldig…
Kamala Harris het ‘n onderhoud, die eerste sedert haar nederlaag as presidentskandidaat teen Donald Trump, met CBS gevoer. Verskeie kwessies het onder die loep gekom sowel as wat sy as die verbrokkelende demokrasie in die VSA beskryf. Sy sê daar is baie van Trump verwag maar wat sy nie gesien…
Na aanleiding van die verwoestende Fishrot-skandaal, wat Namibië miljoene gekos het en honderde vissermanne werkloos gelaat het, het die regering die sogenaamde Government Employment Redress Programme in 2020 van stapel gestuur. Maar vyf jaar later bly kritieke vrae: Het dit gewerk? Waarheen het die beloftes gegaan? Is geaffekteerde werkers werklik…
Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê 'n totaal van 9 954 persone is gedurende die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar onderskep, aangekeer en gedeporteer terwyl hulle probeer het om die land onwettig binne te kom. Masiapato sê 5 826 het nie dokumente gehad nie, 2 127 kon nie…
Die polisie- en Gevangenisdiensvakbond, Popcru sê hy neem met minagting kennis van die oneerlike en opruiende opmerkings van die DA oor sogenaamde inmenging deur die vakbond. Popcru-woordvoerder, Richard Mamabolo, sê dit gaan oor die tugoptrede teen die lede van die BBP-beskermingseenheid toegewys aan adjunkpresident Paul Mashatile. Hy sê Popcru verwerp…
Paulene Ferrand-Prévot het geskiedenis gemaak deur die eerste Franse wenner van die Tour de France in 36 jaar te word. Die 33-jarige wat verlede jaar goud in bergfietsry by die Paryse Olimpiese Spele gewen het, het die algehele titel ingepalm met 'n voorsprong van drie-minute-42-sekondes oor die 2023 kampioen, Demi…
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê hulle is bekommerd oor die 57 voorvalle van inbraak en vandalisme by 46 skole gedurende die Junie/Julie-vakansietydperk. Hy sê dit is 'n beduidende toename teenoor dieselfde tydperk in 2024, toe 45 voorvalle by 39 skole, aangemeld is. Maynier sê skooleiendom loop besondere…
Lando Norris het die Hongaarse Grand Prix gewen en sy spanmaat, Oscar Piastri was tweede. Dit beteken McLaren spog nog ʼn keer hierdie seisoen met die eerste twee plekke. George Russell van Mercedes was derde terwyl Charles Leclerc van Ferrari met vierde plek tevrede moes wees. Fernando Alonso van Aston…
In plaaslike motorsportnuus is die derde been van die langbaanrenne op Tony Rust net buite die hoofstad oor die naweek gehou. Daar was ses inskrywings met vier wat die eindstreep gehaal het. Francois Lottering het die besonderhede.
4 Aug 1AM
1 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.