Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
360 – 380

Demokrate vra Trump om Palestynse staat te erken

Meer as 'n dosyn demokrate in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het 'n brief onderteken wat die Trump-administrasie ten sterkste versoek om 'n Palestynse staat te erken, berig die nuuswebwerf Axios. Die brief was aan Trump en die minister van buitelandse sake, Marco Rubio, gerig. Intussen sê Israel se buitelandse…
4 Aug 11PM 1 min

Vereniging van Uitsaai Veterane vier 'n jaar van prestasie

Die Vereniging van Uitsaai Veterane vier vandag sy eerste bestaansjaar, wat 'n jaar van mentorskap vir jong uitsaaiers beklemtoon. Sedert sy bekendstelling op 5 Augustus 2024 het die vereniging gegroei tot 78 lede. Altesaam 29 leerders is by Windhoek Gimnasium opgelei, met 10 wat gekies is om die skool se…
4 Aug 11AM 1 min

SA sal handelsbelange verdedig, sê Lamola

Die regering sê hy sal Suid-Afrika se nasionale handelsbelange verdedig na die VSA se besluit om 'n 30-persent-tarief op plaaslike uitvoere in te stel. Nagenoeg agt-persent van Suid-Afrika se totale uitvoere gaan na die VSA, wat dit die land se derde grootste handelsvennoot maak. In 'n gesamentlike media-inligtingsessie het die…
4 Aug 11AM 1 min

Arbeidmark verander, maar aftreebeplanning nie

Namibië se arbeidsmark is vinnig besig om te verander, met meer geskoolde individue wat hulle tot vryskutwerk wend vir die vryheid en buigsaamheid daarvan. Maar baie mense sien aftreebeplanning oor die hoof, wat noodsaaklik is vir finansiële welstand. Om klein te begin, finansies dop te hou, opsies soos aftree-annuïteite of…
4 Aug 10AM 1 min

Plaaslike boere kan munt slaan uit speenkalwers

Reaksie word ontvang op die nuus dat verskeie ontwikkelinge in die speenkalfmark daartoe kan lei dat boere binnekort moet betaal om speenkalwers te bekom. Volgens Agra se Paul Klein dryf verhoogde slagkapasiteit in Namibië, verwagte hoër slagpryse en Botswana se onttrekking uit die mark dié tendens. Suid-Afrika produseer nie genoeg…
4 Aug 10AM 1 min

Energiekenner waarsku oor kernstelsel vir olieraffinadery

Die Namibiese maatskappy wat deur die regering gesteun word, Dune 7 Special Purpose Vehicle, het Suid-Afrikaans ontwikkelde kerntegnologie gekies om 'n beplande olieraffinadery in Walvisbaai aan te dryf. Die raffinadery is ontwerp om 300 000 vate per stroomdag te verwerk en sal ‘n hoëtemperatuur modulêre reaktor gebruik, wat deur die…
4 Aug 10AM 1 min

Produksie vorder by Ohangwena-projekte

Tydens haar streeksrede het Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa beklemtoon dat die Onehanga-jeugprojek werk geskep het vir nege permanent aangestelde jongmense en verskeie tydelike werkers. Produksie het ook goed gevaar. Sy het verder opgemerk dat die Nangugulu Ovanhu Kanda Nenedidako-projek weeskinders en kwesbare huishoudings ondersteun het, wat tot dusver altesaam 478 mense…
4 Aug 9AM 1 min

SA het plan om besighede te steun onder VSA-tariewe

Die ministeries van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en van Handel, Nywerheid en Mededinging het 'n plan aangekondig om Suid-Afrikaanse ondernemings te steun wat geraak word deur die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent. Maatreëls sluit in 'n uitvoer-ondersteuningskantoor, befondsing om plaaslike nywerhede te bevorder en 'n spesiale mededingings-vrystelling wat uitvoerders toelaat…
4 Aug 9AM 1 min

SA vervoerdepartement kry eerste skoon oudit in 31 jaar

Die minister van vervoer, Barbara Creecy, en adjunkminister Mkhuleko Hlengwa, sê die departement se eerste skoon oudituitkoms in 31 jaar is 'n stap in die rigting van 'n volledig verantwoordbare en skoon administrasie. Hulle het hierdie skoon oudituitkoms toegeskryf aan die departement se verbintenis tot skoon bestuur en verantwoordbaarheid. Die…
4 Aug 8AM 1 min

Indië finansier Rusland se Oekraïne-oorlog: top Trump-assistent

ʼn Top-assistent van die Amerikaanse president, Donald Trump, beskuldig Indië dat hy Rusland se oorlog in Oekraïne finansier deur olie by Moskou te koop. Dit volg net enkele dae nadat die Trump-administrasie ʼn tarief van 25-persent op Indiese uitvoerprodukte na Amerika ingestel het. Die Withuis dreig met nog optrede indien…
4 Aug 8AM 1 min

Nganate waarsku grond-begunstigdes hulle moet selfstandig word

Die Namibiese regering het 5 518 begunstigdes hervestig onder sy grondhervormingsprogram, insluitend 26 wat onlangs opleiding in infrastruktuur, vee- en gewasbestuur voltooi het. Namens die landbouminister Inge Zaamwani, het die goewerneur van Omaheke, Pijoo Nganate, begunstigdes herinner aan hul verantwoordelikheid om selfstandig te word.
4 Aug 6AM 1 min

Cope sê etiese regering verdwyn onder Ramaphosa

Cope sê die voortgesette erosie van etiese regering onder Ramaphosa se leierskap is verraad teen die demokratiese waardes waarvoor Suid-Afrikaners geveg het. Die party sê adjunkpresident Paul Mashatile se versuim om 'n diamantgeskenk van 'n twyfelagtige sakeman te verklaar, tesame met Ramaphosa se weiering om aanspreeklikheid te eis, illustreer 'n…
4 Aug 6AM 1 min

Ons gaan koud kry en dit begin reeds vanaand

Die suidelike dele, veral die suidweste, reën ontvang met die kouestelsel wat in beweeg. Volgens weerkenner George van der Merwe sal die wolkbedekking ook dagtemperature laag hou.
4 Aug 6AM 1 min

Minimumloon sal werkloosheid laag styg

Reaksie word ontvang op kommer oor werksverliese met die nuwe minimumloon. Namibië se minimumloon het op 1 Januarie vanjaar gestyg en sal in 2027 vir ‘n derde opeenvolgende jaar styg, ‘n toename van 80 persent. 'n Algemeen gebruikte koëffisiënt dui daarop dat vir elke persent ekonomiese groei, indiensneming met slegs…
4 Aug 6AM 1 min

Korrektiewe Diens blokkeer pensioen vir ouer gevangenes

Gevangenes van 60 jaar en ouer ontvang nie ouderdomspensioene terwyl hulle in die tronk is nie, aangesien hul behoeftes deur die staat gedek word. Die diens stel die lynministerie in kennis om betalings tydens opsluiting op te skort, maar help om dit weer in te stel voor vrylating. Kosmos 94.1…
4 Aug 6AM 1 min

Voëlgriep: Namibiese pluimvee-bedryf moet voorsorg tref

Reaksie word ontvang op toenemende voëlgriepgevalle wat onlangs in die buurland, met die jongste voorval in die Wes-Kaap, sowel as Botswana, bevestig is. Dit is belangrik vir gemeenskappe en owerhede om waaksaam te wees vir tekens van infeksie in beide pluimvee en wilde voëls. Vroeë opsporing en voorkomende maatreëls is…
4 Aug 5AM 1 min

Verkiesing van SA se Veeartsenyraad verdag

Die Suid-Afrikaanse landbouminister John Steenhuisen het ʼn volledige verslag aangevra oor die onlangse verkiesingsproses van die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad. Dit volg nadat kommer uitgespreek is oor die proses se deursigtigheid en prosedurele integriteit. Die ministerie se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê dit sluit teenstrydige kommunikasie aan geregistreerde veeartse in oor…
4 Aug 5AM 1 min
360 – 380