Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
340 – 360

Aanlynafspraak-reeksverkragter in Limpopo vasgetrek

'n 37-jarige aanlyn-afspraakreeksverkragter en -moordenaar, wat aan meer as tien sake in Eersterust, Pretoria, verbind word, is in Limpopo in hegtenis geneem. Die verdagte het 'n gewilde afspraak-webwerf gebruik om sy vroulike slagoffers na sy woning in Eersterust te lok. 'n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê hy het na bewering sommige…
5 Aug 5AM 1 min

Swakop vier 133ste bestaansjaar

Swakopmund vier vanjaar 133 jaar van ryk geskiedenis, kultuur en sjarme. Oor die dekades het dit van 'n stil hawedorp na een van Namibië se mees ikoniese bestemmings verander. Hierdie mylpaal word gevier met 'n reeks opwindende geleenthede, insluitend kulturele uitstallings, gemeenskapsfeeste, strandskoonmaak en historiese uitstallings. Kosmos 94.1 Nuus het…
5 Aug 5AM 1 min

TLU SA verwerp nasionale dialoog

Die landbou-organisasie TLU SA gaan nie aan die Nasionale Dialoog later die maand deelneem nie en sê die land het nie nog 'n ideologiese imbizo nodig wat net die ANC se bestaande beleidsrigtings herbevestig nie. Die dialoog is gemik op die vestiging van eenheid en die vind van oplossings vir…
5 Aug 4AM 1 min

Guterres het groot kommer oor Soedan

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, beskryf die situasie in Soedan as 'n grootskaalse katastrofe en ontsaglik wreed. Die aanhoudende stryd tussen die Soedanese Gewapende Magte en die para-militêre Rapid Support Forces het die land dieper in onrus gedompel. Meer as 12,4-miljoen mense in die land is ontheem. Guterres…
5 Aug 4AM 1 min

LPM lei jongmense op oor politieke betrokkenheid

William Minnie, adjunk-nasionale woordvoerder van die Landless People’s Movement, sê die party loods 'n jeuggerigte kiesersopvoedingsveldtog om die belangrikheid van politieke deelname te beklemtoon, veral in plaaslike- en streekverkiesings. Hy beklemtoon dat baie jongmense nie ten volle verstaan hoe politiek hul alledaagse lewens beïnvloed nie. Minnie vra vir groter betrokkenheid,…
5 Aug 3AM 1 min

Alles is skaars in Gaza, behalwe lyding

Die situasie in Gaza is soos uit die hel en hulp wat uit vliegtuie afgegooi word is glad nie effektief nie, sê 'n woordvoerder van Brittanje se Oxfam. Kommunikasie-beampte Ghada Haddad het met SkyNews gepraat uit Dier al Balah in sentraal-Gaza, en sê meeste mense daar woon in tente en…
5 Aug 3AM 1 min

Cyril sê alles word in die stryd gewerp om verhouding met VSA te normaliseer

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die regering gaan voort om met die Verenigde State te praat oor die normalisering van handelsbetrekkinge en die versterking van bilaterale bande. Dit volg op Amerika se besluit om 'n eensydige tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere te hef. Ramaphosa vra vir meer beleggings in…
5 Aug 2AM 1 min

Uitsaai Veterane vier eerste jaar

Die Vereniging van Uitsaai Veterane vier vandag sy eerste bestaansjaar, wat 'n jaar van mentorskap vir jong uitsaaiers beklemtoon. Altesaam 29 leerders is by Windhoek Gimnasium opgeleien die groep het 'n memorandum van verstandhouding met Unam onderteken vir toekomstige opleiding, en beplan ook om 'n permanente opleidingsentrum oop te maak…
5 Aug 2AM 1 min

VSA-tariewe kan SA-groei negatief raak

Die regering sê die nuwe 30-persent tariewe wat deur die VSA ingestel is kan Suid-Afrika se groei met 0,2-persent verminder. In 'n gesamentlike media-inligtingsessie van die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en van Handel, Nywerheid en Mededinging het hulle kommer uitgespreek oor die ekonomiese impak op belangrike uitvoersektore soos…
5 Aug 1AM 1 min

VSA se Navo-ambassadeur praat oor Putin, Oekraïne

Amerika se ambassadeur na Navo, Matthew Whitaker, het in 'n onderhoud met Newsmax gesê dis onmoontlik om te weet wat Russiese president Vladimir Putin dink van president Donald Trump se besluit om twee kernduikbote te ontplooi. Hy het ook 'n vraag geantwoord oor die vordering met Amerikaanse lugafweerstelsels wat na…
5 Aug 1AM 1 min

Namibiese span vertrek vir MXoAN

Die Motocross of African Nations vind vanaf 15 tot 17 Augustus by Donnybrook Park in Harare in Zimbabwe plaas. Namibië neem ook deel en ‘n span van 14 ryers in agt klasse vertrek vanmiddag per pad. Suid-Afrika en Uganda is ook verteenwoordig. Francois Lottering van Motor Media Namibia het met…
5 Aug 1AM 1 min

Aktivis sê dis te wagte dat Windhoek pensioenarisse ignoreer

Reaksie word ontvang op Stad Windhoek wat oproepe vir die onvoorwaardelike kansellasie van skuld wat deur pensioenarisse verskuldig is, verwerp het. Die stad waarsku dat so 'n stap die munisipaliteit se finansiële gesondheid en sy vermoë om noodsaaklike dienste te lewer, sal ondermyn. Dit volg op 'n formele petisie wat…
5 Aug 1AM 1 min

Ontleder gesels oor IPC-party en ondersoeke by gesondheid

Die IPC blyk om in moeilikheid te wees met leiers wat daarvan beskuldig word dat hulle ontoeganklik is en nie hoor nie. Daar was die afgelope tyd verskeie hoë profiel bedankings met lede wat sê die party doen afstand van sy beginsels. Daar is ook nie baie momentum in die…
5 Aug 12AM 1 min

Kredietverlening: Repokoers verligting op pad sê ekonoom

Privaatsektor kredietgroei het in Junie tot 5,7 persent gestyg, van 4,1 persent in Mei. Sake-krediet het jaar-tot-jaar met 10,6 persent gestyg, die sterkste sedert Mei 2019. Die groei was veral sterk in oortrokke fasiliteite, wat tot 17,4 persent gestyg het van 6 persent in Mei. Huishoudelike krediet het egter slegs…
5 Aug 12AM 1 min

Madlanga-kommissie moet Vala Umgodi ondersoek

Die Mining Affected Communities United in Action het president Cyril Ramaphosa gevra dat die Madlanga-kommissie dadelik moet ondersoek instel na die polisie se Operasie Vala Umgodi. Woordvoerder Sabelo Mguni sê dit volg na Vrydag se inhegtenisneming van 400 vermeende onwettige immigrante by 'n myn in Barberton, Mpumalanga. Mguni sê hulle…
4 Aug 11PM 1 min

Demokrate vra Trump om Palestynse staat te erken

Meer as 'n dosyn demokrate in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het 'n brief onderteken wat die Trump-administrasie ten sterkste versoek om 'n Palestynse staat te erken, berig die nuuswebwerf Axios. Die brief was aan Trump en die minister van buitelandse sake, Marco Rubio, gerig. Intussen sê Israel se buitelandse…
4 Aug 11PM 1 min

Vereniging van Uitsaai Veterane vier 'n jaar van prestasie

Die Vereniging van Uitsaai Veterane vier vandag sy eerste bestaansjaar, wat 'n jaar van mentorskap vir jong uitsaaiers beklemtoon. Sedert sy bekendstelling op 5 Augustus 2024 het die vereniging gegroei tot 78 lede. Altesaam 29 leerders is by Windhoek Gimnasium opgelei, met 10 wat gekies is om die skool se…
4 Aug 11AM 1 min

SA sal handelsbelange verdedig, sê Lamola

Die regering sê hy sal Suid-Afrika se nasionale handelsbelange verdedig na die VSA se besluit om 'n 30-persent-tarief op plaaslike uitvoere in te stel. Nagenoeg agt-persent van Suid-Afrika se totale uitvoere gaan na die VSA, wat dit die land se derde grootste handelsvennoot maak. In 'n gesamentlike media-inligtingsessie het die…
4 Aug 11AM 1 min
340 – 360