
Aanlynafspraak-reeksverkragter in Limpopo vasgetrek
Loading player...
'n 37-jarige aanlyn-afspraakreeksverkragter en -moordenaar, wat aan meer as tien sake in Eersterust, Pretoria, verbind word, is in Limpopo in hegtenis geneem. Die verdagte het 'n gewilde afspraak-webwerf gebruik om sy vroulike slagoffers na sy woning in Eersterust te lok. 'n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê hy het na bewering sommige van sy slagoffers verkrag, tot die mees onlangse voorval toe hy die slagoffer na bewering verkrag en vermoor het, en haar daarna in 'n vlak graf by sy woning begrawe het: