Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3000 – 3020

AfriForum soek antwoorde oor SANW en die DRK

AfriForum het kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gebrek aan deursigtigheid wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo betref. Die organisasie het in Februarie vanjaar 'n versoek aan die SANW gestuur en dokumente aangevra wat die ontplooiing in die DRK regverdig, besonderhede oor die…
20 Oct 2025 6AM 1 min

Andrew se probleme verdiep

Na prins Andrew sy koninklike titels verloor het, verdiep sy probleme. Dit het aan die lig gekom dat hy sy lyfwag gevra het om inligting te soek om Virginia Guiffre, wat hom van seksuele misbruik beskuldig het, in die openbaar te laat beswadder. Maar dit eindig nie daar nie –…
20 Oct 2025 6AM 1 min

Kunsteraad het talle projekte landswyd ondersteun

Die Nasionale Kunsteraad van Namibië het meer as 2,2 miljoen Namibiese dollar belê om die ontwikkeling en implementering van diverse kunstige inisiatiewe vanjaar te ondersteun. Die befondsing het 62 projekte in al 14 streke bevoordeel. Die organisasie sê dat hierdie projekte die groeiende innovering binne die kreatiewe en kulturele sektore…
20 Oct 2025 6AM 1 min

Binnelandse lenings: Kenner sê daar's meer as een kant aan die saak

Die Internasionale Monetêre Fonds het waargeneem dat sub-Sahara Afrika se regerings na plaaslike banke gaan om hulle begrotings te finansier teen 'n hoër rente koers en dit plaas druk op leners. Die Fonds verklaar ook dat baie plaaslike finansiële markte onderontwikkeld en gefragmenteerd is, met hoë transaksiekoste en leningsverspreidings. Die…
20 Oct 2025 6AM 1 min

Aktiviste bevorder Afrika-narratief vir COP30

'n Span van drie jong Afrika-omgewingsaktiviste het in Namibië aangekom om vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering te pleit as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief, wat in September in Kenia begin het, is daarop gemik om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid…
20 Oct 2025 6AM 1 min

Daar's baie meer as 5 000 gevalle van GBV jaarliks - kenner

Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Emma Kantema-Gaomas, sê meer as 5 000 gevalle van geslagsgeweld geweld word jaarliks in Namibië aangemeld. Kantema het dit by die bekendstelling van die Strategiese Plan vir Geslagsgeweld vir 2025 tot 2030 in Windhoek onthul. Sy het geslagsgeweld beskryf as een van die dringendste…
20 Oct 2025 5AM 1 min

Miljoene oorbestee op watertenkwaens in Tshwane

Die DA het aan Tshwane se munisipale bestuurder, Johann Mettler, geskryf en ʼn ondersoek gevra na die besteding op watertenkwaens in die metro. In die boekjaar wat in Junie 2025 geëindig het, was die oorbesteding hierop 457 miljoen Suid-Afrikaanse rand, en 672 miljoen rand meer as wat amptenare in 2024…
20 Oct 2025 5AM 1 min

Purchase palm eerste Sonskyntoer-titel in

Die Suid-Afrikaner Warwick Purchase het sy eerste Sonskyntoer-titel opgeraap na ʼn oorwinning met twee houe by die Fortress-uitnodigingstoernooi by die Glendower-gholfklub in Gauteng. Sy landgenoot, Kyle Barker, is met 69 gelykop tweede saam met die Fortress-voorloper vir Nuweling van die Jaar, die Mexikaan Luis Carrera, op 17 onder baansyfer. Purchase,…
20 Oct 2025 4AM 1 min

Kuberkrakers: SME's is mees kwesbaar

Kubersekuriteit word al hoe meer 'n kopseer vir besighede. Die inligtingministerie het onlangs aangekondig dat meer as 'n miljoen kuberaanvalle in 'n tydperk van ses maande in die land aangeteken is. Openbare bewustheid van die kwessie is dus uiters belangrik. Kosmos 94.1 Nuus het met Tanya Hopker van Meinert Security…
20 Oct 2025 4AM 1 min

BoN sê N$60-noot nou uitgerol

Die enigste kommersiële bank wat tot dusver die 60-dollar Hage Geingob-gedenkbanknoot by sy kitsbanke kan uitreik, FNB Namibië, het 16 van die outomatiese tellermasjiene daarvoor gekalibreer. Die ander banke is besig met ooreenkomste om dieselfde te doen, volgens die Bank van Namibië. Sencia Kaizemi-Rukata, die direkteur van valutabestuur by die…
20 Oct 2025 3AM 1 min

Ramokgopa sê R2,2 riljoen sal in energie belê word

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering beplan om 2,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand, wat ongeveer 30-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is, in 'n omvattende energietransformasiestrategie te belê. Dit is deel van die land se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat deur die kabinet goedgekeur is. Ramokgopa sê die plan…
20 Oct 2025 3AM 1 min

Mackenzie uiters teleurgesteld oor Kaapstad-marathon

Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het sy teleurstelling uitgespreek oor die kansellasie van die 2025 Kaapstad-marathon Sondag weens erge weer. Mackenzie sê die besluit, wat saam met veiligheidsowerhede geneem is, het die welstand van hardlopers, vrywilligers en toeskouers eerste gestel. Mackenzie, wat aan die 42-kilometer lange…
20 Oct 2025 2AM 1 min

Trump sê skietstilstand is steeds van krag in Gaza

Daar is kommer oor die skietstilstand in Gaza. Israel en Hamas beskuldig mekaar van die verbreking van die ooreenkoms. Die Israelse weermag sê Hamas het sy magte in Rafah in die suide van Gaza met vuurpyl-aangedrewe granate en skerpskutter-vuur aangeval waarna die IDF aanvalle in die gebied uitgevoer het. Israel…
20 Oct 2025 2AM 1 min

Mbalula sê die ANC word onregverdig geteiken

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party moet sy integriteit verdedig en voer aan dat president Cyril Ramaphosa onregverdig geteiken word, selfs oor klein goedjies soos om verby 'n man te draf wat met oortredings verbind word. Mbalula het in Mpumalanga gesê korrupsiebewerings word gebruik om die ANC…
20 Oct 2025 1AM 1 min

Cran het nuwe, kreatiewe uitdaging

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië stuur vandag die Cran Tech Challenge van stapel. Die uitdaging is 'n platform wat ontwerp is om kreatiwiteit aan te wakker en jeugdeelname te bevorder deur Namibiese burgers en permanente inwoners van 18 tot 35 jaar oud uit te nooi om operasionele of prototipe-fase oplossings in…
20 Oct 2025 1AM 1 min

Menstruasie-armoede belemmer meisies se vooruitgang

Kommer het weer opgeduik oor die gebrek aan sanitêre doekies vir skoolmeisies. Dit is te midde van die onthulling dat die regering tans slegs 15 Namibiese dollar per meisie, per jaar aan sanitêre doekies bestee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sister Namibia se redakteur, Brigit Rudd, wat sê menstruasie-armoede…
20 Oct 2025 1AM 1 min

GRN-aanstellings: Daar's ander maniere om geld te spaar

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die regering wat die vul van die meeste staatsdiensposte op ys geplaas het weens begrotingsbeperkings en kommer dat daar nie genoeg geld sal wees om daarvoor te betaal nie. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag 'n moratorium ingestel op die werwing…
20 Oct 2025 12AM 1 min

IPC eis verskoning van ECN, en sê verklaring moet teruggetrek word

Die Independent Patriots for Change het uitlatings van die Verkiesingskommissie van Namibië skerp veroordeel wat sê die party se indien van nominasies vir die komende streeks- en plaaslike owerheidsverkiesing voldoen nie aan die bepalings van die Kieswet nie. Die IPC sê die ECN se aantygings is vals, misleidend en venynig…
20 Oct 2025 12AM 1 min

Saara vra inklusiewe leierskap

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens haar toespraak by die 151ste algemene vergadering van die Interparlementêre Unie in Switserland die naweek die belangrikheid van inklusiewe leierskap en geslagsgelykheid beklemtoon. Sy het ‘n beroep gedoen vir sterker ondersteuningsstelsels, mentorskapinisiatiewe en welstandprogramme.
19 Oct 2025 11PM 1 min
3000 – 3020