Die Namibiese Weerdiens verwag kouer toestande in die komende dae, ook in die noordelike streke. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 9.1 Nuus gepraat.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die rybewyskaart-krisis is nog lank nie verby nie, al is die ou drukker herstel. Die organisasie waarsku dat die 27-jaar-oue masjien gereeld breek, nie oor moderne sekerheids-kenmerke beskik nie en dringend vervang moet word. Stefanie Fick van Outa sê daar is steeds ’n tans 'n…
President Cyril Ramaphosa het bewerings van die hand gewys dat die 49 wit Suid-Afrikaners wat na die VSA verhuis het, kwalifiseer as vlugtelinge. Hy sê hierdie mense word nie vervolg nie en voldoen dus nie aan die kriteria vir vlugtelingstatus nie. Hy het sekere burgerlike groepe gekritiseer en daarvan beskuldig…
Die 2023 sensus se arbeidsmagopname het onthul dat sekondêre onderwys die algemeenste en hoogste opvoedingsvlak is onder Namibiërs in die werksbevolking tussen 15 en 59 jaar. Slegs 546 805 van die 1,8 miljoen mense in hierdie ouderdomsgroep is werklik in diens, of sowat 30 persent van die totale bevolking van…
Volgens vervoerminister Veikko Nekundi word 825 miljoen Namibiese dollar benodig vir die opgradering van gruispaaie na teer, en die ontwikkeling van toegangs- en distrikspaaie, asook die herstel van paaie. Hy het ook 990 miljoen dollar versoek vir die opgradering van die spoorwegnetwerk, 49,8 miljoen dollar vir weer- en rampwaarskuwingstelsels, 103,4…
Die Landless People’s Movement het die toename in verkragtingsake in Namibië veroordeel en sê dit weerspieël ‘n sistemiese mislukking om vroue, kinders en gestremdes te beskerm. Polisiedata toon die aantal aangemelde verkragtingsake het van 2 018 in 2021 tot 2 268 verlede jaar gestyg. Voorts was 21 onderwysers in dié…
Amerikaanse president Donald Trump het die Withuis se plan om moontlik 'n luukse jumbo-straler van Katar se koninklike familie te ontvang, verdedig. Die straler wat sowat 400 miljoen Amerikaanse dollar werd is sal as 'n Air Force One presidensiële vliegtuig gebruik word. "Hulle gee ons 'n geskenk," het Trump aan…
Die maatskaplike welsyn-ministerie het gedurende die 2024/2025-boekjaar skuiling, beskerming en psigososiale ondersteuning aan 254 oorlewendes van geslagsgeweld, geweld teen kinders en mensehandel verskaf. Lynminister Emma Kantema-Gaomas het in die Parlement bevestig dat dit oor agt streeksentrums in die Khomas, Hardap, Karas, Omusati, Ohangwena, Kavango-Oos, Zambezi en Kunene-streke gerealiseer is. Sy…
Die Afrika Reis-indaba 2025 het by die Inkosi Albert Luthuli-konferensiesentrum in Durban afgeskop. Die vier-daagse geleentheid bied meer as 1 300 uitstallers van 27 Afrikalande en meer as 1 200 internasionale kopers. Die indaba val saam met die tweede G-20 Toerisme-werkgroepvergadering. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, beklemtoon die…
Die Universiteit van Namibië het ‘n ondersoek van stapel gestuur na beweerde korrupsie met ‘n eksamen by die instelling en het ook dissiplinêre stappe geneem teen ‘n personeellid wat na bewering daarby betrokke was. Die leier van Affirmative Repositioning, Job Amupanda, het opnuut op X ten velde getrek teen beweerde…
Die ANC-studiegroep vir die staande komitee oor die Ouditeur-Generaal sê die MK-party se versoek vir ʼn ondersoek na uitgawes wat verband hou met die uitgestelde 2025 nasionale begroting is beuselagtig. Die party beskuldig die regering dat hy miljoene rand wanbestee op voorbereiding vir die nasionale begroting wat twee keer uitgestel…
Die Miss Namibia-organisasie gaan die top-10 deelnemers in onderskeidelik die Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië kompetisies by twee glansgeleenthede aankondig. Die geleenthede sal volgende naweek by Droombos plaasvind en regstreeks deur die NBC uitgesaai word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Beaulah Boois-Beukes, die NBC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, wat…
Katima Mulilo se uitvoerende hoof, Raphael Liswaniso, het landelike en stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa se versoek om voertuie terug te gee wat glo in ruil vir grond ontvang is, verwerp. Liswaniso ontken dit was ’n ruiltransaksie, en verduidelik dat grond verkoop is en goedere van gelyke waarde ontvang is om…
Wyle stigterspresident Sam Nujoma se verjaarsdag was vandag by die Heldeakker herdenk. Namibiërs is gevra om 'n boom te plant ter herdenking aan die president se lewe en sy passie vir bewaringspogings. Tydens die seremonie het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gepraat oor die land se probleme, veral werkloosheid. Ndaitwah sê die…
Goudpryse het met 3 persent gedaal tot die laagste vlak in meer as ’n week nadat die VSA en China ooreengekom het om wederkerige tariewe te verlaag. Dit het die Amerikaanse dollar versterk en goud se aantrekkingskrag as 'n veilige belegging verminder. Spothandel in goud het tot 3 224, 34…
Die UDM in Gauteng eis 'n onafhanklike forensiese ondersoek na die provinsiale regering se onderbesteding van sy jaarlikse begroting. Die provinsie het geld aan die Nasionale Tesourie terugbetaal nadat hy 1,8 miljard-rand onderbestee het. Andile Jabavu van die UDM sê dit is oneties en onredelik dat 'n regering wat met…
Sokker: Manchester United se hoofafrigter, Ruben Amorim, het voorgestel dat hy vervang word indien hy nie volgende seisoen die klub se kultuur kan verander nie. Die Reds het gisteraand hulle Premierligawedstryd teen West Ham op Old Trafford 2-0 verloor. Hulle staan op 39 punte en is 16de op die punteleer,…
Die sentrale bank het ‘n nuwe 50-dollar banknoot vandag bekendgestel. Die verskil lê in die handtekening van die goewerneur wat opdateer is van Ipumbu Shiimi na Johannes !Gawaxab. Volgens !Gawaxab volg die bank internasionale standaarde. Hy verduidelik.
Vyf verdagtes wat verbind word met die moord op twee polisiebeamptes en 'n paartjie is dood in 'n skietgeveg met die polisie in Mophela by Hammarsdale, wes van Durban. 'n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle het inligting ontvang dat die verdagtes op die Mophela-pad onderweg was. Hy sê hulle het…
12 May 8AM
1 min
880 – 900
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.