Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
900 – 920

Colombiaan skuldig aan gru-dubbele moord in Londen

Yostin Andres Mosquera, 35, is skuldig bevind aan die moord op twee mans in Londen, wat hy onthoof en uitmekaar gesny het voordat hy hul liggaamsdele in twee tasse na die Clifton-hangbrug in Bristol geneem het. Die Woolwich-kroonhof het gehoor Mosquera, 'n Colombiaan, het Albert Alfonso, 62, en Paul Longworth,…
22 Jul 1AM 1 min

Demensie-gevalle kan teen 2050 verdriedubbel

Die Neurologiese Vereniging van Suid-Afrika sê meer as 40 persent van demensiegevalle kan voorkom word deur gevare soos hoë bloeddruk, vetsug en maatskaplike afsondering te bestuur. Dit is vandag Wêreld-breindag, en die vereniging waarsku demensie neem vinnig toe in Afrika suid van die Sahara en sal na verwagting teen 2050…
22 Jul 12AM 1 min

NDP6: NNN mik hoog, baie hoog

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6, in Windhoek geloods en gesê die plan kan werk en kan afgehandel word. Sy sê haar kantoor het 'n soliede fondasie gelê maar baie werk lê nog voor, en die NDP6 is die padkaart wat gevolg moet word. Sy het 'n…
22 Jul 12AM 1 min

Sauma gesels oor 23 aansoeke vir hernuwing van sertifikate vir eksplorasie

Sauma sê 23 omgewingsklaringsertifikate moet hernu word vir uraan-eksplorasie in die Stampriet akwifer, en vra die publiek en rolspelers om skriftelik beswaar te maak daarteen. Watermonsters wat tussen 2021 en 2023 geneem is wys dat daar reeds verhoogde vlakke van radioaktiewe besoedeling in die grondwater in verskeie boorgate is. Kosmos…
22 Jul 12AM 1 min

BKS: Landelike slaghuise moet aandag kry, meen minister

Die regering beplan om in plattelandse slagpale en dieregesondheidsnavorsing te belê om siektebeheer te bevorder en die vee-ekonomie te versterk. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die aankondiging gedoen op die bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, waar hy die verouderde reaksiestelsels en vertragings in entstofvervaardiging gekritiseer het. Hy sê die…
21 Jul 11PM 1 min

Koalisie van 25 veroordeel Israel

Israel het aansienlike lugaanvalle en 'n grondoperasie in Deir al-Balah in Gaza geloods, wat die belangrikste spilpunt vir humanitêre pogings teiken te midde van dringende waarskuwings oor hongersnood in die strook. Die Verenigde Koninkryk en 24 ander lande het 'n skerp kritiese brief uitgereik wat die Israeliese weermag se dood…
21 Jul 11PM 1 min

Okahandja se Orpa berei voor vir November

Voorbereidings is in volle swang vir die komende plaaslike owerheid- en streekverkiesings. Kiesers, politieke partye en die Verkiesingskommissie verfyn planne om leierskap op grondvlak te vorm. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja Ratepayers Association, Orpa, oor hul pogings gepraat.
21 Jul 5AM 1 min

Zuma is manteldraaier

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die party se standpunt oor selfbeskikking vir Wes-Sahara verdedig en die president van die MK-party, Jacob Zuma, beskuldig dat hy 'n manteldraaier is. Hy het gister die party se nasionale werkkomiteevergadering met die Wes-Kaapse provinsiale uitvoerende komitee in Kaapstad bygewoon. Mbalula het…
21 Jul 5AM 1 min

Staat se salarisrol is onvolhoubaar

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die produktiwiteit van die staatsdiens tydens haar eerste amptelike boodskap aan staatsamptenare Vrydag bevraagteken en gesê sy wonder of dit werklik nodig is dat soveel oortyd geëis word. Nandi-Ndaitwah het gesê die regering verkeer onder begrotingsdruk en dat die staat se jaarlikse salarisrol van sowat 35…
21 Jul 4AM 1 min

SA se bouregulasies moet dringend hersien word

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die instorting van die gebou in George wat 34 lewens geëis en meer as 28 mense beseer het, maak die hersiening van alle nasionale bouregulasies noodsaaklik. Hy sê sy departement, die Ingenieursraad van Suid-Afrika, en die Raad vir die Geboude…
21 Jul 4AM 1 min

Hupstoot vir noordelike beesboere

Die regering het amptelik vyf 30-ton-vragmotors met sleepwaens en vyf draagbare laaibanke ter waarde van 20,68 miljoen Namibiese dollar in die noordelike kommunale gebiede oorhandig, onder die EU-befondsde Veeondersteuningsprogram. Die toerusting, wat nou deur Meatco bestuur word, is om die vervoerkoste van vee na slagpale en kwarantyngeriewe te verminder. Die…
21 Jul 3AM 1 min

Konstruksiewerkers is 'vervangbare komponente'

Die vakbond Giwusa sê Suid-Afrika benodig 'n konstruksiebedryf wat ingestel is op sosiale behoeftes en nie op korporatiewe winsbejag nie. Die leier van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die Raad vir die Geboude Omgewing se bevindings met die instorting van die gebou in George waar 34 mense dood en 28 beseer…
21 Jul 3AM 1 min

DA kritiseer SASSA se gebrek aan deernis

Die DA in die Wes-Kaap veroordeel SASSA se toelaaghersieningsproses en noem dit 'n gebrek aan deernis wat kwesbare inwoners benadeel. Partywoordvoerder, Wendy Kaizer-Philander, sê bejaardes en werklose begunstigdes word aangesê om 'n maand later terug te kom vir hersienings, al het hulle die regte dokumentasie verskaf. Sy vra SASSA om…
21 Jul 2AM 1 min

Marquez maak geskiedenis in Tsjeggië

Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het met sy sege by die Tsjeggiese Grand Prix die eerste Ducati-renjaer geword wat vyf agtereenvolgende hoofwedrenne wen. Marco Bezzecchi van Aprilia Racing is tweede en Pedro Acosta van Red Bull KTM Factory Racing is derde. Marquez het sy kampioenskapsvoorsprong bo sy teenstander en jonger…
21 Jul 2AM 1 min

Scheffler palm vierde major-titel in

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, het die 153ste Ope-kampioenskap by Royal Portrush in Noord-Ierland gewen en daarmee sy vierde major-titel opgeraap. Die Amerikaner het met vier houe geseëvier ná ʼn finale ronde van 68 om op 17 onder baansyfer te eindig. Sy landgenoot, Harris English, is tweede op 13 onder en…
21 Jul 1AM 1 min

Staking sal nie FlySafair se skedule ontwrig nie

FlySafair het passasiers verseker daar sal geen vlugonderbrekings wees wanneer vlieëniers, wat hoofsaaklik deur Solidariteit verteenwoordig word, vandag begin staak nie. Die lugredery se finale meerjarige loonaanbod sluit ʼn salarisverhoging van 5,7-persent in asook bykomende aanpassings aan die vergoedingspakket. Solidariteit eis egter ʼn salarisverhoging van 10,5-persent vir 2025/2026. FlySafair se…
21 Jul 1AM 1 min

Ondersteun CAPU, help veeartsrekening betaal 

Die Civilian Animal Protection Unit  hou ’n gelukstrekking om hul veeartsrekening van meer as 200 000 Namibiese dollar te help betaal. Deur deel te neem, staan jy ’n kans om een van vyf naweek-wegbreekpryse in Namibië te wen. Die trekking vind plaas op 6 September. Belangstellendes kan CAPU se Facebook-blad…
21 Jul 1AM 1 min
900 – 920