Dit is tyd vir die Tara-tydren en vanjaar sal dit in Junie plaasvind op Rehoboth. Dit is die 55ste Tara-tydren en Francois Lottering van Motor Media Namibia het die besonderhede.
Johann Zarco het geskiedenis gemaak toe hy die eerste Fransman in 71 jaar geword het om die Franse MotoGP Grand Prix wen. Die 34-jarige op sy LCR Honda het 19,907 sekondes voor die sesmalige wêreldkampioen van Ducati, Marc Marquez, oor die wenstreep gejaag. Die 20-jarige nuweling, Fermin Aldeguer van Ducati-Gresini,…
Dit is vandag Internasionale Dag vir Verpleegkundiges en die Vereniging van Staatsamptenare sê verpleegkundiges in Suid-Afrika staar steeds 'n menigte sistemiese uitdagings in die gesig. Die vakbond sê die chroniese personeeltekort dwing verpleegpersoneel om lang, ongereelde ure te werk, wat lei tot geestelike en liggaamlike uitputting, en pasiëntesorg kan benadeel…
Verskeie LP's in die Nasionale Vergadering het gepleit vir die kriminalisering van vaderskapsbedrog. Hulle sê mans ly groot emosionele en finansiële skade as hulle uitvind kinders wat hulle grootgemaak het, is nie hul eie nie. Die AR-beweging se Tuhafeni Kalola en ander LP’s stel verpligte DNS-toetse vir ongetroude paartjies voor…
Opgewondenheid heers in landboukringe oor die ondertekening van 'n protokol rakende inspeksie-, kwarantyn- en higiënevereistes vir die uitvoer van skaap- en bokvleis van Namibië na China. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kobus Laubscher oor dié verwikkeling gepraat:
Daad moet nou by die woord gevoeg word, sê die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah oor Staatshuis se nuus die naweek dat Namibië en Angola steeds van plan is om die Baynes-hidrokragaanleg te ontwikkel. Dit volg ná president Netumbo Nandi-Ndaitwah se eerste amptelike besoek aan haar Angolese eweknie João Lourenço. Kragverspreidingslyne…
ʼn Groep van 49 Afrikaners wat vlugtelingstatus in Amerika ontvang het, het Suid-Afrika Sondagaand verlaat. Hulle het op ʼn privaat huurvlug van OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek. President Donald Trump van Amerika het in Februarie Afrikaners in ʼn uitvoerende bevel beskryf as slagoffers van rassediskriminasie. Die groep sal na verwagting…
Met Namibië op dreef om haarself van die gryslys af te kry, is daar steeds finansiële kwessies wat aangespreek moet word. Geldverduistering tydens internasionale handel, of handelsgebaseerde geldwassery, is een punt wat telkemale oorgesien word. Old Mutual bring die kwessie op die voorgrond en Karischa Schmidt, die groep se nakomingsbeampte,…
ActionSA se president, Herman Mashaba, het die inhegtenisneming van die Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso Saterdag in Oos-Londen in die Oos-Kaap verwelkom. Hy sê ActionSA is veral bly om te verneem hy gaan uiteindelik uit Suid-Afrika na Nigerië gedeporteer word, aangesien hy onwelkom is in 'n land waar hy die wette…
Namibië maak steeds vordering met pogings om van die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys verwyder te word. Geïdentifiseerde strategiese tekortkominge word deurlopend aangespreek en die tweede vorderingsverslag is op 7 Maart ingedien. Die volgende oorsig sal vandeesmaand gedoen word, na nog 'n verslag op 7 April by die taakmag ingedien…
Die polisie in Limpopo het 'n omvattende soektog van stapel gestuur na verdagtes wat verantwoordelik is vir die onwettige jag van 'n olifant en die vergiftiging van die karkas wat gelei het tot die dood van talle beskermde aasvoëls in die Krugerwildtuin. 'n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba sê stropers het 'n…
Die Amerikaanse dollar oorheers internasionale handel en maak die grootste deel van wêreldreserwes uit. Groot ekonomieë, insluitend Saoedi-Arabië en Hongkong, koppel hul geldeenhede aan die dollar. Maar onder president Donald Trump het die VSA ’n handelsoorlog ontketen deur moontlik die hoogste tariewe in ’n eeu in te stel – ’n…
Cosatu het president Cyril Ramaphosa se ernstige oproep op die parlement verwelkom om te sorg dat die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting aan al die grondwetlike vereistes voldoen. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê Suid-Afrika ervaar steeds die snydende koste van staatskaping, korrupsie en magsmisbruik, en kan nie bekostig…
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, het die Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso as 'n onwettige persoon in Suid-Afrika verklaar. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê Omotoso het vroeër sy status as 'n verbode persoon in die hof betwis, en die hof het beslis sy status moet na die…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op tradisionele owerhede gedoen om met die regering saam te span in die stryd teen huishoudelike geweld, veral die misbruik van vroue en kinders. Sy het Saterdag tydens die Omagongo-fees in Ohangwena na die onlangse kindermoorde op Okahandja verwys en dit barbaars genoem. Nandi-Ndaitwah…
Die Kaapstad 10K vind vandag vir die tiende keer plaas en ongeveer 15 000 mense sal die strate van Woodbridge-eiland in Milnerton tot Laer Langstraat in die middestad invaar. Burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê atlete sal ikoniese uitsigte oor Tafelberg geniet terwyl hulle langs die kuslyn, op…
Eskom voorsien nie dat beurtkrag dié winter geïmplementeer gaan word indien onbeplande onderbrekings laer as 13 000 megawatt bly nie. Eskom het Maandag sy Wintervooruitsig vir die tydperk tot 31 Augustus gestel, wat van krag bly. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê indien onderbrekings tot 15 000 megawatt styg, sal…
Die regering sê hy is steeds verbind tot konstruktiewe dialoog met die Verenigde State van Amerika, geanker in wedersydse respek vir soewereiniteit, die oppergesag van die reg, en 'n gedeelde verbintenis tot die versterking van wedersyds voordelige bilaterale vennootskappe. Die woordvoerder van die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin…
Cosatu verwelkom die Werkloosheidsversekeringsfonds se besluit om verligting ter waarde van 387 miljoen rand aan meer as 6 000 poskantoorwerkers te verskaf. Die befondsing sal 75 persent van hul salarisse oor die volgende ses maande dek, terwyl die Suid-Afrikaanse Poskantoor met sy omkeerplan besig is. Matthew Parks van Cosatu sê…
Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat NamLeisure-kaarthouers nou in aanmerking kom vir afslag op kampeerplekke by al hul oorde en kampplekke. Kaarthouers kan uitsien na 40 persent afslag vir Namibiërs, 30 persent vir SADC-inwoners en 10 persent vir internasionale besoekers. Kosmos 94.1 nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels.
10 May 4AM
1 min
920 – 940
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.