Afrikaans Vandag Kloutjie by die oor

Kloutjie by die oor

Podsendings oor Afrikaans, aspekte van taal, skryf en teksversorging.
Monthly Afrikaans South Africa Language Learning · Education
14 Episodes

Metafoor

’n Voorbeeld. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en aan te moedig. (Fred Pheiffer)
21 Feb 3 min

Skryfstyl

Wanneer ek weet vir wie ek gaan skryf, hoekom, oor watter onderwerp en in watter vorm. Dan kan ek my pen optel, my rekenaar of tablet aanskakel, en begin. Nou moet ek nadink, werk, aan my styl. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en…
21 Feb 4 min

Druppeltjies en titseltjies

Oor lukrake meeteenhede, informele maniere van afmeet, wei Jana Luther in dié aflewering uit: oor brokkies en flenters, flirtsies en flertsies, doppies, skeutjies, katspoegies, en meer.
9 Feb 12 min

Vier dinge vooraf

Wanneer ek skryf, nadink oor hoe, terwyl ek skryf, neem ek heeltyd besluite. Besluite wat afhang van vier dinge wat ek moet weet voor ek begin. Hierdie insetsel deur Jana Luther is geskep in opdrag van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in aanloop tot POORT 2025, ’n kompetisie…
7 Feb 3 min

Die kontras

Deur Fred Pheiffer verduidelik aan die hand van Lynthia Julius se gedig "Die intellektualisme van goed" uit haar bekroonde bundel Uit die Kroes. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025,…
6 Feb 2 min

Taalverskeidenheid

Geen natuurlike taal klink en lyk altyd en oral dieselfde nie. ’n Lewende taal het ’n lewe van sy eie, en ’n lewende taal sonder verskeidenheid is kleurloos en op pad om ’n dooie taal te word. Die woorde wat ons kies, die idiomatiese uitdrukkings en beeldspraak wat ons gebruik,…
5 Feb 10 min

Idiome skets prentjies

Wat is ’n idioom? Wie skep idiome? Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en aan te…
23 Jan 4 min

Hoe gemaak met die invloed van Engels op Afrikaans?

Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed? Wat staan die teksredakteur in dié verband te doen? Behoort die terme “anglisisme" en “anglisisties” vandag steeds gebruik te word? Waar en wanneer het die invloed van Engels op Afrikaans begin? In watter mate kan van jong Afrikaansgebruikers verwag word om steeds…
16 Jan 2021 41 min

’n Kleurtjie tussen klip

Van die ou, informele taal van diamantgrawers is daar vandag maar min gebruikers oor, maar van die tyd toe die delwerskoors hoog geloop en duisende geluksoekers na nuut geproklameerde delwerye gestroom het, getuig ’n klein skat inskrywings in die WAT.
16 Jan 2020 10 min

En die groen gras groei daar om

En die groen gras groei daar om (Jana Luther). Kyk ’n slag, sê Jeanette, “hoeke mooie name die veldgrasse van Suid-Afrika het”. In die wêreld is daar meer as 10 000 grasspesies; in Suid-Afrika ongeveer 1 000 soorte, wat ook al die grane insluit. Baie het meer as een naam. Ruigtegras…
7 Nov 2019 11 min

Wat behels die werk van ’n teksredakteur?

Die teksredakteur (Jana Luther). Wat is die doel van redigering? En wat is die rol en verantwoordelikhede van die teksredakteur ten opsigte van ander rolspelers in die publikasieproses?
26 Oct 2019 20 min

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies (Jana Luther). Dat die eerste aankomelinge uit Europa in hulle vroeë dae aan die Kaap baie van Suid-Afrika se inheemse soogdiere nog nooit gesien het nie; dit is algemeen bekend. Ook dat baie van dié diere na diere elders genoem is. Maar hoe het dit…
25 Oct 2019 12 min

Ja vir die kommapunt

In die leestekenhoofstuk van die AWS word daar vir die gebruik van die komma altesaam vytien reëls gegee; vir die gebruik van die kommapunt, net twee. Tog is baie skrywers oor die korrekte gebruik van die kommapunt onseker. Oor dié leesteken handel ’n hele nuwe boek: Semicolon: The Past, Present,…
9 Oct 2019 18 min