‘n Man wat aangekla is van mensehandel is vrygespreek op dié klagte in die Bethal-landdroshof. Die 43-jarige Eduardo Teixeira is egter skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Dinsdag tot twee jaar tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, gevonnis. Hy is aanvanklik daarvan aangekla dat…
Die DA sê hulle gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vra om by die waterkrisisse in dele van die provinsie in te gryp. Trudie Grovè-Morgan sê verskeie munisipaliteite het geen alternatiewe kragopwekking by pompstasies nie en tesame met verouderde infrastruktuur laat dit inwoners vir dae aaneen sonder water. Sy sê inwoners van…
Die DA het aan die Munisipale Afbekeningsraad geskryf oor die voorgestelde veranderinge aan munisipale grense in Mpumalanga. Volgens Bosman Grobler ondersteun die party die voorstel om die voormalige Umjindi-area uit Mbombela-munisipaliteit te verwyder om ‘n nuwe plaaslike owerheid te skep. Die party is egter gekant teen die skep van ‘n…
Drie stropers is swaar gevonnis in Skukuza vir drie renosters wat hulle in November 2019 in die Malelane-area van die Krugerwildtuin gestroop het. Teddy Dlamini is 39 jaar opgelê vir onder meer onwettige betreding van die wildtuin en die rig van ‘n vuurwapen. Zwelithini Mathebula en Lucky Mhlongo is tot…
ActionSA in Mpumalanga verwelkom die ondersoek deur die Valke na die tender wat die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder (MER) na bewering vir 12 jaar onregmatig toegeken het aan Mzimari Productions Company om die Mej. Mpumalanga-kompetisie aan te bied. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, sê die voormalige voorsitter van die…
Dele van Witrivier het vandag reeds meer as twee weke geen water in hul krane nie. Veral die boonste deel van Peter Grahamstraat loop erg deur. Volgens Silulumanzi, wat water vanaf die Boschrand-reservoir daarheen pomp, vererger beurtkrag en onwettige aansluitings tussen Nelspruit en die betrokke waterreservoir in Witrivier die situasie…
Dit is Wêreld Malaria-dag. Jaco Venter van Mopani-apteek sê dit is vir veral besoekers baie gevaarlik, omdat hulle dalk nie die nodige behandeling daarvoor sal kry in hul tuislande nie.
De Ark Gastehuis in Lydenburg bied gaste 'n luukse Afrika-ervaring in hierdie historiese dorp. Gaste het 'n keuse tussen B&B of selfsorg en hoewel elke moderne gerief beskikbaar is, is die decor van elke kamer unieke en oorspronklik, stylvol en antiek. Francois and Francis le Roux gesels met Andri. Luister…
Die polisie in Mpumalanga het ‘n pleidooi gerig aan gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie. Dit volg op die dood van ses mense in Kabokweni, na vermoede deur groepsgeweld. Drie mense, wat moontlik verdagtes was in ‘n gewapende roof, is Vrydag aangerand en hul huis…
Opknappingswerk aan toerisme fasiliteite in die Krugerwildtuin is goed op dreef. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, word dit deur die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing befonds en sal dit nog sowat twee jaar duur. Besoekersverblyf in Krokodilbrug-kamp, Biyamiti en Bateleur-boskamp is reeds opgeknap. ‘n Kontrakteur sal ook aangestel word…
Die voorsitter van die nuut gestigde Nelspruit-belastingbetalersvereniging, TJ Maré, sê inwoners kan nie meer terugstaan nie en moet aandring dat hul geld reg aangewend word deur die plaaslike owerheid. Die vereniging vergader weer Dinsdag, 25 April om 18:00 by Hoërskool Bergvlam. Hy moedig alle inwoners aan om dit by te…
Die Groen Skerpioene in Ehlanzeni het aangedui dat hulle volgehoue rioolstortings in die botaniese tuin in Mbomebla gaan ondersoek. Volgens die DA, wat die klag ingedien het, oorstroom die Silulumanzi-rioolpompstasie in die tuin sedert 2018 en vloei dit ook in die Krokodil- en Nelsriviere in. Partylid, Bosman Grobler, sê die…
Twee vermeende mensehandelaars het hul borgaansoeke in die Nelspruit-landdroshof laat vaar. Volgens die Valke het Mujahid Hussain en Ihsan Ullar gister verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van oortreding van die Wet op Voorkoming en Bestryding van Handel in Persone. Die Valke woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê hul regsverteenwoordiger het…
‘n Splinternuwe inisiatief van Innibos nooi die publiek uit om gedigte te skryf wat dan deur professionele musikante en kunstenaars in liedjies of kundwerke omskep sal word wat tydens diue fees in Junie ten toon gestel sal word. Die tema is: Vars, vernuwe, groei en gelukkig. Die sluitingsdatum vir gedigte…
'n Groot skoonmaakaksie word Vrydag weer gehou in die middedorp en ingangsroetes na Nelspruit. Dit word deur Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit gedryf met die Kruger-Laeveld-sakekamer wat dit koördineer. Linda Grimbeek van die KLCBT sê alle inwoners is genooi om hand by te sit.
Alles is in plek vir die TRAC N4 Elands-marathon hierdie Saterdag. Meer as 1-duisend-700 deelnemers het reeds ingeskryf. Die skilderagtige roete vir die 42-kilometer begin by Laerskool Oosterlijn in Waterval Boven en eindig by die Sappi-opleidingsentrum in Ngodwana. Solange Soares, kommunikasiebestuurder van TRAC, sê dit word beskou as die vinnigste…
Die munisipale wetstoepasser wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge buite Mbombela met sy dienspistool doodgeskiet het, verskyn Vrydag weer in die Nelspruit-landdroshof op ‘n aanklag van moord. Volgens die Valke was die 34-jarige Thomsanga Nkosi saam met Abednigo Desmond Mbuyane se vrou in ‘n chalet toe…
Die munisipale werker wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge doodgeskiet het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof. Volgens die Valke was die verkeersbeampte saam met die aanvaller se vrou in ‘n chalet by die lodge toe haar man hom met sy dienspistool doodgeskiet hiet. Volgens die woordvoerder…
Die munisipale werker wat Saterdag aand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge met sy dienspistool doodgeskiet het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het by monde van sy woordvoerder, Moeti Mmusi, sy medelye met die familie betuig.
17 Apr 2023 2AM
1 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.