In Psalm 12 noem Dawid sy teëstanders by naam, en sê vir God waarmee hy worstel...hy wend hom opnuut na dié Een wie se Woorde Suiwer Betroubaar is...het jy jouself al na Hom gewend? God se Woord is getrou en betroubaar
Glo jy dat God regverdig is, en geregtigheid sal laat geskied? Wat glo jy van Hom? In Psalm 11 praat Dawid hieroor, en ondersoek, en deel, Charles van Onselen die Heerlikheid wat in die Psalm opgesluit is, mag dit vir jou tot seen wees
In Psalm 10 pen Dawid 'n pragtige eerlike lied neer van aanvanklike ontnugtering met die skynbare 'oorsien' van ongeregtigheid deur God. Was jy al daar? Luister saam na die Psalm, en sien hoe God se Woord tot Heerlikheid kom hierdeur. Here, ek verstaan nie...was jy al daar?
Net die tema alleen klink ongewoon, onrusbarend...dalk selfs onheilspellend...waarvan praat Dawid hier, en hoe skakel dit in by die verheerliking van God? Die mens is net 'n mens...Mag die saamkuier vir jou nuwe vars insigte en perspektiewe van Heerlikheid meebring
In hierdie treffende Psalm skryf Dawid oor die Heerlikheid van God, en weet jy dat jy deel is van Sy Heerlikheid! Jy is weinig minder as 'n hemelse wese gemaak, die kroon van Sy skepping....God is lief vir jou!
In hierdie besondere Psalm beroep Dawid homself op die Here as sy redder, maar hy gee homself ook oor in God se hande...dit is juis hierdie aksie van oorgawe, wat 'n rus by hom meebring. Mag die Psalm vir jou tot groot seën wees!
Psalm 4 is 'n treffende aandpsalm, waarin Dawid terug reflekteer op sy dag en besef dat hy God se gunsgenoot is en veilig by Hom is. Ons wat aan die anderkant van die kruis staan (as Dawid) is dit nog des te meer! Luister saam na Charles van Onselen en…
Ervaar jy onregmatige vervolging? Dan is jy in goeie geselskap...Dawid het Psalm 3 gesing as 'n môrelied, en neergepen, onderwyl hy deur sy seun Absalom vervolg was. Wat moet ons doen wanneer ons onregmatig vervolg word? Luister saam na hierdie oorwinnings Psalm soos bespreek deur Charles van Onselen en Louwrens…
Waarom woel die nasies (so), en bedink die volke nietige dinge? Só begin Psalm 2; maar dit raak nie net die nasies nie...dit raak hartsnare nader aan die huis en hart as wat ons mag dink. Luister saam onderwyl Charles van Onselen en Jan van Schalkwyk die heerlikheid vanuit die…
In die nuwe reeks van Heerlikheid gesels Charles van Onselen en Louwrens Viljoen oor die boek van Psalms, en vandag se prorgam, gaan oor Psalms 1. Hoe belangrik is dit vir ons as gelowiges om nog die advies van die Psalms te volg? Is die Psalms nog relevant vir vandag?…
Charles van Onselen en Louwrens Viljoen gesels saam oor die belangrikheid van Jesus se woorde, naamlik, om op die Rots te bou: Mattheus 7:24-27 (1953) 24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op…
Jesus maan ons aan in Mattheus 7 om te pasop vir vals profete, wat bedoel Hy daarmee? Luister saam na hierdie oorsigtelike gesprek oor die tema ('n dieper, meer omvattende studie en bespreking mag later volg) Matt 7:15-18 (1953) 15 15 Maar pas op vir die valse profete wat in…
In Mattheus 7:13-14 praat Jesus van die 'twee paaie', wat bedoel Hy daarmee? Luister saam na Charles van Onselen en Louwrens Viljoen terwyl hul hieroor gesels.
Meeste gelowe en filosofieë verwys na die sogenaamde 'Goue Reël', vanuit 'n negatiewe invalshoek. 'Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie'. Jesus draai dit egter om, en stel dit in 'n positiewe lig wanneer Hy sê; ' 12 "Alles wat julle dan wil hê…
Watter een van ons as ouers, sal vir ons kinders klippe gee, as hul vir brood vra? Hoeveel te meer sal ons Hemelse Vader nie vir ons goeie gawes uit Sy hand gee, as ons vra daarvoor nie? Hierdie is Jesus se woorde vanuit Matteus 7:9-11, vry vertaal in ons…
Hoe baie van ons as gelowiges kan nie deel in die ervaring van 'onbeantwoorde gebed' nie? Of was dit werklik onbeantwoord...? Is God dan nie 'n waarmaker van Sy Woord nie? Verseker is Hy! Wat bedoel Jesus dus wanneer Hy sê “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en…
Jesus se stelling is redelik radikaal wanneer Hy sê: “Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.” MATTHÉÜS 7:6 AFR53 Wat bedoel Hy daarmee? Luister…
26 Jan 2023
46 min
120 – 140
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.