Sjoe, wanneer ons dink aan daardie donker-kyke wat ons soms in ons eie, en in ander, se oë sien, dan spreek Jesus se woorde ons nogaal aan in Matteus 6: 22-23 wat sê "22“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam…
Wat beteken dit wanneer Jesus sê 'waar jou skat is, sal jou hart wees...?' - Luister saam na Charles van Onselen en Louwrens Viljoen onderwyl hul die onderwerp ondersoek.
Jesus se stelling wat verwys na 'wanneer julle vas...' (Matt 6:16) kan nogal onsekerheid veroorsaak, nie waar nie? Word dit verwag van gelowiges om te vas, en wat is vas? Luister saam na Charles en Louwrens terwyl hul praat hieroor.
In die Onse Vader gebed maan Jesus ons aan om te vergewe, in Matteus 6:14-15 maak Hy dit duidelik dat as ons ander nie vergewe nie, sal ons ook nie Sy vergifnis ervaar nie, wat bedoel Hy hiermee. Luister in na hierdie delf-dieper boodskap, saam met Charles en Louwrens
Wat beteken Jesus se afsluiting van die Onse Vader gebed, wanneer dit sê, 'Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid'. Delf dieper in die skrifgedeelte saam met Charles en Louwrens
Jesus se modelgebed sluit die woorde in 'lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose', wat is die implikasies daarvan vir ons as gelowiges? Luister saam terwyl Charles van Onselen en Louwrens Viljoen saam die Woord ondersoek.
Bergrede: Wanneer Jesus ons leer om te bid, 'vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;' wat bedoel Hy? Vergewe Hy ons net as ons ons skuldenaars vergewe? Luister saam onderwyl Charles en Louwrens delf vir meer insig en heerlikheid vanuit die Woord oor die kritiese beginsel.
Hoekom sou Jesus ons leer om te bid 'gee ons vandag ons daaglikse brood?'. Ondersoek hierdie deel van die Onse Vader saam met Charles en sy gaste, Pierre Vigoureux en Ronéll van Rooyen
In hierdie episode praat Charles en Louwrens oor die aanhef van die Onse Vader vanuit Matteus 6:'9 "Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word" - ondersoek saam met hulle die betekenis van hierdie treffende inleiding.
Wat beteken dit om te bid tot ons Vader (in die geheim), en dat Hy weet wat ons nodig het? Kuier saam met Charles en Louwrens oor hierdie onderwerp en geniet saam die Heerlikheid van God se Woord en teenwoordigheid. Mag jy geseënd bly en groei in ons Vader se…
Wat bedoel die Skrif wanneer dit sê dat ons linkerhand en regterhand 'anoniem' moet bly wanneer ons gee? Kuier saam met Charles en Louwrens onderwyl hul saam soek na die Heerlikheid uit die Woord rondom die beginsel.
In die afsluiting van Matteus 5 gesels Charles en Louwrens oor wat volmaakte liefde beteken, dit is, hoe om lief te wees vir ander, soos wat Jesus was. Luister saam na hierdie interressante gesprek.
Om die ander wang te draai, die ekstra myl te stap, en nie te vergeld nie, is gegrond in - en alleen moontlik vanuit - die Lewe en Heerlikheid van Christus Jesus - in ons . Hoe verstaan ons, en kom ons Jesus se opdrag na vanuit, Matteus 5:38-42? Matteus…
In Matteus 5:33-37, beveel Jesus ons dat ons Ja, ja moet wees, en Nee, nee...wat bedoel Hy daarby? Charles en Louwrens ondersoek hierdie Skrif saam 33“Verder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie jou eed verbreek nie, en 'n…
Hoe verstaan ons Jesus se bevel in Matteus 5:31-32 rondom Egskeiding 31“Daar is gesê: ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar 'n skeibrief gee.’ 32Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die…
Wat het Jesus bedoel toe Hy gesê het om jou oog uit te pluk, en jou hand af te kap, as dit jou laat struikel? Charles en sy gas, Pastoor Louwrens Viljoen, ondersoek die Skrif en die Heerlikheid daarvan saam.
Wat beteken dit om sonder wellus te lewe, dus, om nie na iemand op 'n begeerlike wyse te kyk nie? Hoe sluit ons 'n verbond met ons oë? Charles en sy gas vir die dag, Pastoor Pierre Vigoureux, gesels hieroor, en nog meer
In die episode gesels Charles en een van sy nuwe gaste, Ronéll van Rooyen, oor wat Jesus bedoel het toe Hy verwys het na kwaad wees vir iemand, sonder rede...en wat is die repurkussies daarvan - luister saam na hierdie interessante gesprek
Hoe verstaan ons die Wet en hoe kan ons geregtigheid die van die Fariseërs oorskry? Charles en Louwrens kuier verder hieroor
16 Jun 2022
46 min
140 – 160
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.