Maroela Media Feit of versinsel

Feit of versinsel

Die Solidariteit Beweging is gewoond aan kritiek vanuit verskeie oorde. Talle mense het baie vrae oor dié groot instelling, sy idees, sy leiers en sy besluite. In hierdie podsendingreeks “Feit of versinsel” gesels Christel Cornelissen onder andere met die hoof en stigterslid van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, praat oor die grootste vrae, versinsels en feitefoute wat bestaan oor dié groot Afrikaner-beweging.
Occasionally Afrikaans South Africa News
4 Episodes

Waar kom die Beweging se geld vandaan en wie besluit daaroor? | Ep. 5

Die Solidariteit Beweging is reusagtig groot met bykans 50 instellings, duisende personeellede reg oor die land, honderde duisende betalende lede wat miljoene rande se ledegelde elke maand betaal. Baie Afrikaners vertrou die Beweging met hierdie ondersteuning en geld om die regte besluite oor die regte dinge te neem. In hierdie…
16 Oct 11 min

Moet Suid-Afrika soos ons dit ken opbreek? | Ep. 4

Die Solidariteit Beweging het al op verskeie geleenthede gesê dat Suid-Afrika nie net ʼn regeringsprobleem het nie, maar ʼn bedelingsprobleem. Dat Suid-Afrika nie ʼn regeerbare eenheid is nie en moet verander. In hierdie episode van Feit of versinsel vra ons – werk die Solidariteit Beweging om Suid-Afrika soos wat ons…
10 Oct 16 min

Is Afrikaners regtig slagoffers? | Ep. 2

Talle kritici sê dat die Solidariteit Beweging Afrikaners slagoffers maak wat hulle eintlik nie is nie. Hulle vra vir sekere regte en voorregte omdat Afrikaners slagoffers van die ANC-regering is, terwyl Afrikaners een van die suksesvolste en welvarendste groepe in die land is. In hierdie tweede episode van Feit of…
20 Sep 10 min

Is Solidariteit onpatrioties teenoor Suid-Afrika? | Ep. 1

Een van die groot aanklagtes teen die Solidariteit Beweging ná afloop van hulle besoek aan die VSA in Februarie, was dat die besoek én dit wat hulle daar gaan sê het onpatrioties was. Nou is nog ʼn afvaardiging weer op pad na die VSA – wat beteken dié tipe beskuldigings…
16 Sep 15 min