Ep. 7 - Dinge van die lug: reënboë en beloftes

Loading player...
Rudolph, Jean-Mari en hul dogtertjie Talitha woon in Rawsonville. Hy is ’n dominee, en Jean-Mari hou skool. Ons kuier saam met hulle op Worcester se vliegveld terwyl daar af en toe ‘n vliegtuig opstyg en daar gekommunikeer word op 124.8 MHz tussen mense in vliegtuie en mense op die grond. Dit is gepas, want ons praat oor ‘dinge van die lug’ – “thermals” en reënboë. Hulle deel oor die merkwaardige rol wat dit in hul lewens speel. “Thermals”, omdat dit dié dominee help om hoog bo in die lug stil te word en sy kop skoon te kry. En reënboë, omdat dit ’n belofte inhou – ‘n belofte oor hoop. ’n Belofte oor ’n aangenome dogtertjie wat op die ouderdom van vier maande al vir haar pa kon glimlag.

Lees meer oor dié reënboog storie: https://kaapkerk.co.za/reenboog-teken-van-hoop-met-aanneming/
28 Apr 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 27 – Digitale higiëne: Tyd vir briek aandraai?

Het jy al gewonder hoekom dit so moeilik is om jou foon neer te sit – al weet jy jy spandeer te veel tyd daarop? Of hoekom jou kind se bui en selfbeeld so direk beïnvloed word deur wat op Instagram of TikTok gebeur? Ons gesels met dr. Yolinda Steyn,…
10 Sep 47 min

Ep. 26 - Pyle van die bose en die engel in Oekraïne

Tydens ’n onlangse besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne het ’n paar Suid-Afrikaners 'n groep vroue gaan ondersteun, veral rondom die sekondêre trauma wat hulle beleef. In hierdie episode vertel Dolf Du Plooy en Bernard Joubert hoe dit tans in Oekraïne lyk en hoe hulle sin maak van hul belewenisse. ’n…
6 Sep 46 min

Ep. 25 - Cohen-konferensie: Alles het ’n kraak en die lig skyn daardeur

As jy die naam Leonard Cohen hoor, is daar waarskynlik twee moontlikhede. Óf jy ken hom as die growwe stem wat soos Bybelverse oor jou spoel. Óf jy onthou hom in Shrek, waar die treffende lied “Hallelujah” die wêreld se kinders (en grootmense) aangegryp het. Sy musiek is ryk aan…
19 Aug 14 min

Ep. 24 - Nasionale Dialoog: Passie, aggressie en energie

Ons gesels met Braam Hanekom oor sy bywoning van die eerste sitting van die Nasionale Dialoog. Hy het namens die Hoop en Versoening Trust daar gaan luister, deelneem en sy eie indrukke gevorm van wat besig is om in hierdie proses te gebeur. Die dialoog het duidelik ’n mengsel van…
18 Aug 15 min

Ep. 23 - Deidre Jaftha: "'n Meisie soos ek, uit 'n area soos daai"

Deidre Jaftha is ’n 24-jarige aspirant radio-omroeper en mentor by die Echo-huis in die Paarl. Sy het haar ma op tienjarige ouderdom verloor, maar danksy inspirerende vroue wat as rolmodelle opgetree het, is sy vandag self ’n bron van inspirasie en bemagtiging vir ander jong vroue. Een van die maniere…
30 Jul 16 min