Ep. 8 - Dawie Roodt: "Die kerk moet politici moreel op die regte pad hou"

Loading player...
Die vorige keer toe die kerk werklik by politiek betrokke was, het dit nie goed geëindig nie.

Nóú, glo sommiges, het die kerk se profetiese stem stil geword en gee die kerk op 'n afstand vir die wêreld om. Is die kerk bang, skaam of net té versigtig? Hoe lyk die rol van die kerk in Suid-Afrika vandag?

Om hiermee te help, gesels ons met ekonoom Dawie Roodt, en Braam Hanekom, van die Sentrum vir Publieke Getuienis. Braam meen onder andere dat ons van armoede weet in terme van wat statistieke daaroor sê, maar ken ons die reuk van armoede? Dawie gesels via Teams vanuit Gauteng, so daar is af en toe 'n haakplek, maar die boodskap is baie duidelik wanneer Dawie aan die einde sê: “Dit is die kerk se verantwoordelikheid om die politieke leierskap moreel op die regte pad te hou”.
7 May 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 24 - Nasionale Dialoog: Passie, aggressie en energie

Ons gesels met Braam Hanekom oor sy bywoning van die eerste sitting van die Nasionale Dialoog. Hy het namens die Hoop en Versoening Trust daar gaan luister, deelneem en sy eie indrukke gevorm van wat besig is om in hierdie proses te gebeur. Die dialoog het duidelik ’n mengsel van…
18 Aug 15 min

Ep. 23 - Deidre Jaftha: "'n Meisie soos ek, uit 'n area soos daai"

Deidre Jaftha is ’n 24-jarige aspirant radio-omroeper en mentor by die Echo-huis in die Paarl. Sy het haar ma op tienjarige ouderdom verloor, maar danksy inspirerende vroue wat as rolmodelle opgetree het, is sy vandag self ’n bron van inspirasie en bemagtiging vir ander jong vroue. Een van die maniere…
30 Jul 16 min

Ep. 22 - Karel Verhoef vertel oor opwindende dinge by Radiokansel

Dit is altyd lekker wanneer mense by ons kom kuier by die Sinodale kantoor in Bellville. Vandag het ds. Karel Verhoef, die Hoof Uitvoerende Beampte van Radio Kansel, by ons kom koffie drink. Hierdie tipe kuiers loop gereeld uit op ’n opname in ons ateljee – sodat ons ook iets…
14 May 17 min

Ep. 21 - Om gemeente te wees: Francois en Enel Lambrechts van Knysna Kerk

Op ons storietoer deur die Suid-Kaap het ons in Knysna gaan kuier by Francois en Enel Lambrechts, ‘n leraarspaar wat passievol betrokke is by hul gemeente en gemeenskap. Wat aanvanklik net ‘n video oor hul kankerbediening sou wees, het vinnig uitgebrei na nog iets - ‘n eerlike refleksie oor diversiteit,…
26 Feb 22 min

Ep. 20 - Kerkbode Kollig word een jaar oud

Kerkbode se podcast, Kollig, word op 19 Februarie ’n jaar oud. ’n Jaar gelede het die Kaapkerk-span saam met Kerkbode begin om ons kommunikasie-mediums uit te brei met ’n podcast. Dit was ’n jaar waarin baie lesse geleer is, ondervinding opgedoen is, en aangrypende stories gedeel is. Ek het met…
19 Feb 40 min