Liverpool sit perfekte vertoning voort

--:--
Liverpool het sy perfekte begin in die Kampioeneliga voortgesit met 'n oorwinning van 2-0 die heersende kampioene, Real Madrid op Anfield. Doele in die tweede helfte deur Alexis Allister en die plaasvervanger Cody Gakpo het die sege beklink wat hulle eerste een sedert 2009 teen Madrid in dié kompetisie is. Borussia Dortmund is nou in die top agt van die Kampioeneliga met sy 3-0-oorwinning teen Dinamo Zagreb, terwyl Aston Villa en Juventus geen doele kon aanteken nie. Liverpool se bestuurder Arne Slot, is te vrede met sy span se vertoning:
28 Nov 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Blitsbokke is gereed vir Dubai

Tristan Leyds sê hy is gereed om hierdie naweek vir die Blitsbokke te speel in die Dubaise Sewestoernooi. Hy vervang die beseerde Selvyn Davids. Die 27-jarige beklemtoon die span se benadering is om oefenstrategieë op die veld uit te voer en mense weer trots te maak op die Blitsboktrui. Leyds…
28 Nov 5AM 1 min

Dis uitdagend om entstowwe M-pokke te bekom - Nangombe

Namibië het tans nie M-pokke-entstowwe nie, maar die regering werk daaraan om dit te bekom. Die groot vraag na hierdie entstowwe word gedryf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se verklaring van M-pokke as 'n openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang. Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê…
28 Nov 5AM 1 min

Ekonoom sê oor Desember-brandstofprys

Die lynministerie se komitee wat die brandstofprys bepaal vergader vanmiddag om die Desember prys te bepaal. Brent het in die afgelope maand met amper 1,8 persent gestyg maar, onderverhalings wat in Oktober aangekondig is maak dinge onseker. Almandro Jansen, ekonoom by Simonis Storm het sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus…
28 Nov 5AM 1 min

Selfs die Swapo-jeugliga sê ECN is onbevoeg

Tradisioneel spreek Swapo nie kritiek uit teen sy regeringstrukture nie maar dit wil voorkom asof die pas voltooide stemdag selfs die party se jeugliga keelvol het. In ‘n verklaring sê die liga se sekretaris Ephraim Nekongo dat die tekort aan stembriewe onaanvaarbaar is en dat die Verkiesingskommissie nie voldoende gekommunikeer…
28 Nov 5AM 1 min

Leerlingdokters werk 8-5, sê hulle hou by hulle kontrak

Meer as 300 mediese leerlingdokters het besluit om op te hou om tydens hulle internskap oortyd te werk omdat die gesondheidministerie versuim het om hul agterstallige oortydvergoeding te betaal. Hulle het verlede week in Windhoek betoog en 'n petisie aan die Kantoor van die Eerste Minister by Zoopark oorhandig. Kosmos…
28 Nov 4AM 1 min