Dis uitdagend om entstowwe M-pokke te bekom - Nangombe
--:--
Namibië het tans nie M-pokke-entstowwe nie, maar die regering werk daaraan om dit te bekom. Die groot vraag na hierdie entstowwe word gedryf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se verklaring van M-pokke as 'n openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang. Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meeste entstofvervaardigers prioritiseer hoërisikolande op grond van die WGO se klassifikasie, wat dit vir Namibië uitdagend maak om die entstowwe te kry.