Ekonoom sê oor Desember-brandstofprys

--:--
Die lynministerie se komitee wat die brandstofprys bepaal vergader vanmiddag om die Desember prys te bepaal. Brent het in die afgelope maand met amper 1,8 persent gestyg maar, onderverhalings wat in Oktober aangekondig is maak dinge onseker. Almandro Jansen, ekonoom by Simonis Storm het sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
28 Nov 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

BOSA soek makliker toegang tot seksuele oortreders-register

Build One South Africa se versoekskrif dat die Nasionale Register van Seksuele Oortreders openbaar en toeganklik gemaak word, het al meer as 12 000 handtekeninge. Die land vier tans 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld Teen Vroue en Kinders. BOSA-woordvoerder, Roger Solomons, sê deur die Nasionale Register van Seksuele…
28 Nov 7AM 1 min

Staak stemmery en tel van stemme, dring partye aan

Die Namibiese Verkiesingskommissie se bestuur het net voor 2-uur steeds nie opgedaag vir die vergadering wat hy geroep het vir 12-uur met verteenwoordigers van die politieke partye nie. Opposisie-partye vra nou dat die kommissie dadelik ophou om stemme te tel en ook enige stemprosesse wat nog aan die gang kan…
28 Nov 7AM 1 min

BoN gesels oor sy risikobestuur

Die Bank van Namibië verseker stabiliteit in die banksektor deur proaktiewe mikro-omsigtigheidstoesig wat deur Basel-kernbeginsels gelei word. Dit gebruik vinnige regstellende aksie-prosedures en 'n vroeë waarskuwingstelsel om risiko's vroeg te identifiseer en aan te spreek, banke se prestasie kwartaalliks te monitor en in te gryp waar nodig. Naufiku Hamunime, die…
28 Nov 5AM 1 min

Blitsbokke is gereed vir Dubai

Tristan Leyds sê hy is gereed om hierdie naweek vir die Blitsbokke te speel in die Dubaise Sewestoernooi. Hy vervang die beseerde Selvyn Davids. Die 27-jarige beklemtoon die span se benadering is om oefenstrategieë op die veld uit te voer en mense weer trots te maak op die Blitsboktrui. Leyds…
28 Nov 5AM 1 min

Dis uitdagend om entstowwe M-pokke te bekom - Nangombe

Namibië het tans nie M-pokke-entstowwe nie, maar die regering werk daaraan om dit te bekom. Die groot vraag na hierdie entstowwe word gedryf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se verklaring van M-pokke as 'n openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang. Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê…
28 Nov 5AM 1 min