SA het baie meer as 16 dae nodig om GBV te bekamp

--:--
Action Society sê Suid-Afrika het 365 dae van aktivisme nodig om geslagsgeweld doeltreffend te bekamp, nie 16 dae nie. Die party waarsku toesprake en veldtogte beteken nie veel sonder werklike verandering nie. Juanita du Preez van die organisasie sê werklike verandering vereis die herstel van stelsels, nie lippetaal nie, om te verseker vroue en kinders is elke dag veilig, nie net tydens 'n jaarlikse veldtog nie:
28 Nov 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

BoN gesels oor sy risikobestuur

Die Bank van Namibië verseker stabiliteit in die banksektor deur proaktiewe mikro-omsigtigheidstoesig wat deur Basel-kernbeginsels gelei word. Dit gebruik vinnige regstellende aksie-prosedures en 'n vroeë waarskuwingstelsel om risiko's vroeg te identifiseer en aan te spreek, banke se prestasie kwartaalliks te monitor en in te gryp waar nodig. Naufiku Hamunime, die…
28 Nov 5AM 1 min

Blitsbokke is gereed vir Dubai

Tristan Leyds sê hy is gereed om hierdie naweek vir die Blitsbokke te speel in die Dubaise Sewestoernooi. Hy vervang die beseerde Selvyn Davids. Die 27-jarige beklemtoon die span se benadering is om oefenstrategieë op die veld uit te voer en mense weer trots te maak op die Blitsboktrui. Leyds…
28 Nov 5AM 1 min

Dis uitdagend om entstowwe M-pokke te bekom - Nangombe

Namibië het tans nie M-pokke-entstowwe nie, maar die regering werk daaraan om dit te bekom. Die groot vraag na hierdie entstowwe word gedryf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se verklaring van M-pokke as 'n openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang. Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê…
28 Nov 5AM 1 min

Ekonoom sê oor Desember-brandstofprys

Die lynministerie se komitee wat die brandstofprys bepaal vergader vanmiddag om die Desember prys te bepaal. Brent het in die afgelope maand met amper 1,8 persent gestyg maar, onderverhalings wat in Oktober aangekondig is maak dinge onseker. Almandro Jansen, ekonoom by Simonis Storm het sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus…
28 Nov 5AM 1 min

Selfs die Swapo-jeugliga sê ECN is onbevoeg

Tradisioneel spreek Swapo nie kritiek uit teen sy regeringstrukture nie maar dit wil voorkom asof die pas voltooide stemdag selfs die party se jeugliga keelvol het. In ‘n verklaring sê die liga se sekretaris Ephraim Nekongo dat die tekort aan stembriewe onaanvaarbaar is en dat die Verkiesingskommissie nie voldoende gekommunikeer…
28 Nov 5AM 1 min