Bly Boer-lusmaker: Hardloop jou enjin in die rooi?

Loading player...
Landbou.com se potgooireeks, Bly boer, wil boere inspireer om nie net aan te hou boer nie, maar ook om vreugde in hul dagtaak te vind.
In elke episode verken ons nuwe maniere om balans te vind sodat jy jou roeping met passie kan uitleef. In die eerste episode gesels Reza Clifford met dr. Johan Beukes, ’n leierskapafrigter, oor uitbranding.
Hier is ’n voorsmakie.
Kyk uit vir ’n Bly Boer-episode elke Vrydag om 17:00.
23 Jan Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

LUISTER | ‘Om te bly hoop’ – Willie Nel en Isabel Arangies

’n Fees vir die oog, rus vir jou siel en vuurhout vir môre – dit is die plaas Moolmanshoek. Eienaar Willie Nel en Isabel Arangies, sy dogter, vertel hoe hulle aanhou boer. Johan Beukes gesels in dié episode van die Bly Boer-potgooi oor die herstelpad wat hulle op die plaas…
28 Mar 19 min

LUISTER | ‘Boer is my passie en plesier’ – Wikus Bekker

Vir Wikus Bekker, Dohne-Merino-boer van Edenburg en 2023 se Voermol Skaapboer van die Jaar, is boerdery nie ’n werk nie, maar ’n plesier. Johan Beukes gesels in die nuutste episode van die Bly Boer-podsendingreeks met Wikus oor sy passie vir teling, toewyding en meelewing, en wat hom inspireer om aan…
21 Mar 16 min

LUISTER | Haal die angel uit aftree – Theo Vorster

Hoewel die hegtheid van ’n gesinstruktuur ongetwyfeld ’n deurslaggewende rol in die veerkragtigheid van ’n familie-onderneming speel, kan ’n pa-en-seun- (of dogter!-) span ook unieke probleme ondervind as dit nie behoorlik verstaan en reg bestuur word nie.
14 Mar 23 min

LUISTER | Hoe kan wynboere bly boer – Conrad Schutte

Conrad Schutte, uitvoerende hoof van Vinpro, glo veerkragtigheid is noodsaaklik vir wynboere om te bly boer. In die episode van die Bly Boer-potgooi gesels Johan Beukes met Conrad oor sy paadjie in die wynbedryf en sy belewenis van wynboere.
7 Mar 19 min

LUISTER | ‘Depressie en selfdood steel my man’ – Franelyn Rossouw

Franelyn Rossouw, se man, Francois, ’n boer, het ná ’n jare lange stryd met angs, depressie en uitbranding nie meer vir die lewe kans gesien nie. In hierdie episode van die Bly Boer-potgooireeks gesels Reza Clifford met Franelyn oor Francois se siekte, sy selfdood, die uitwerking wat dit op hul…
28 Feb 39 min