Groot vergadering oor landelike internet vandag

Loading player...
Toegang tot landelike internet is in die nuus, veral na die onlangse ondersteuning vir Starlink se plaaslike lisensie-aansoek. Die Namibiese Landbou-unie het saam met ander landbou-unies die kommunikasie-regulerende owerheid van Namibië, Cran, oor die kwessie betrek en hulle sal vandag vergader om uitdagings te bespreek. Peet van Staden, 'n deeltydse boer en elektroniese ingenieur van die afgeleë Karasberge, het ook vroeër 'n brief aan Cran gestuur oor die behoefte aan beter konnektiwiteit op die platteland. Kosmos 94.1 Nuus het met Van Staden gesels oor sy verwagtinge vir die vergadering.
13 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ondersoek kom na misdade uit apartheidsera

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, president Cyril Ramaphosa se besluit ondersteun om ’n regterlike ondersoekkommissie in te stel na beweerde vertragings in die vervolging van misdade uit die apartheidsera. Dit behels ondersoeke van vorige administrasies, wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys…
4 May 4AM 1 min

'Joslin-uitspraak belangrike stap na geregtigheid'

The United Democratic Movement Women’s Organisation het die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes vir die ontvoering en mensehandel van die sesjarige Joslin Smith, verwelkom. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het in Saldanhabaai gesit en vonnisoplegging vind Vrydag plaas. Die sekretaris-generaal van UDEMWO, Thandi Nontenja, sê die uitspraak is…
4 May 3AM 1 min

Omaheke ernstig oor kinderveiligheid

Sleutelinstellings in Omaheke gaan met die polisie saamspan om die veiligheid van die jeug in dié streek te verbeter in reaksie op die vlaag kindermoorde in Namibië. Volgens die hoof van misdaadvoorkoming in Omaheke, adjunk-kommissaris Jackson Kamwangha, het die polisie met ‘n bewusmakingsveldtog be skole begin sal patrollies en beheerpunte…
4 May 1AM 1 min

Wes-Kaapse regering in spervuur oor George-gebou

Brett Herron van die GOOD party het die Wes-Kaapse regering se toesig oor die George-gebou-ineenstorting gekritiseer en noem dit 'n leë prestasie. Hy sê die slagoffers se families is nie gerespekteer nie, aangesien die Parlement se Staande Komitee oor Infrastruktuur nie finale verslae gelewer het of belangrike amptenare ondervra het…
4 May 1AM 1 min

Kragstelsel bly stabiel, sê Eskom

Eskom sê die kragstelsel bly stabiel met volgehoue beplande instandhouding en verbeterde vlakke van onbeplande onderbrekings. Vanaf 1 April tot 1 Mei het onbeplande onderbrekings afgeneem tot 12 644 megawatt, terwyl 2 850 megawatt na verwagting voor piektyd Maandagaand beskikbaar sal wees. Die Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsmaatskappy toon…
4 May 12AM 1 min