Beesbemarking kan verder daal

Loading player...
Beesbemakring het in Januarie met 49,1 persent gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad sê slegs 11 797 beeste is bemark, teenoor die 23 166 beeste wat in Januarie verlede jaar verkoop is. Uitvoere op die hoef het met 68,2 persent gedaal, terwyl deurset by B&C-klas abattoirs met 56 persent gedaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landboukundige Wallie Roux, wat die situasie uiteensit.
13 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polo was die van drie konstabels

Die polisie het bevestig dat die wit VW Polo wat uit die Hennopsrivier in Centurion gehaal is, aan die drie Vrystaatse polisiebeamptes behoort het wat vroeër die week dood is. Konstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het vermis geraak nadat hulle verlede week van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied…
2 May 2AM 1 min

Geweld teen kinders was not altyd 'n uitdaging, ingryping nodig

Te midde van landwye betogings ná die moorde op skoolmeisies in Okahandja, sê aktiviste en politici dat die toename in geweld teen kinders kommerwekkend is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die jeug-aktivis Rivaldo Kavanga, wat sê dit was nog altyd 'n probleem en 'n oproep vir ernstige ingryping herhaal.
2 May 1AM 1 min

Geen rede om Enoch af te dank nie - Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die begrotingsdooiepunt wat nou opgelos is, is nie 'n rede vir die verwydering van minister van Finansies, Enoch Godongwana nie. Daar was verskeie oproepe dat die minister afgedank moet word oor die dooiepunt wat hom nou noop om die begroting vir die derde keer op 21…
2 May 1AM 1 min

VSA-ooreenkoms het geen sekuriteitswaarborge nie

Die president van die Kiëf Ekonomiese Skool Tymofiy Mylovanov het met SkyNews gepraat oor die ooreenkoms wat die VSA en die Oekraïne beklink het. Dit handel oor die heropbou van die land sowel as kritieke minerale. Mylovanov sê daar is geen sekuriteitswaarborg in die ooreenkoms nie en dit is die…
2 May 1AM 1 min

Ons moet ons eie olie verfyn - Hangala

Nog reaksie word ontvang op die kwessie van ‘n raffinadery vir Namibië. Dit kom na kenners, sowel as die uitvoerende hoof van TotalEnergies Patrick Pouyanné, president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgeraai om 'n olie-raffinadery in Namibië te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende sakeman dr. Leake Hangala, wat meen…
2 May 12AM 1 min