SA wil bande met EU versterk

Loading player...
Suid-Afrika sal poog om sy bande met die Europese Unie te versterk. President Cyril Ramaphosa is vandag saam met die president van die Europese Raad, Antonio Da Costa, en Ursula von der Leyen, die mede-voorsitter van die 8ste Suid-Afrika-EU-beraad in Kaapstad. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het aan SABC News gesê die beraad het ten doel om verhoudings met sleutel strategiese vennote te versterk en samewerking in handel, belegging en ontwikkeling te bevorder.
13 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GIPF maak regstelling op vergoeding

Die Staatsinstellings Pensioenfonds het 'n regstelling uitgereik oor die syfers vir uitvoerende beamptes se vergoeding wat in sy 2024 geïntegreerde jaarverslag gerapporteer is. Dit sê dat 'n beskrywingsfout tot 'n misverstand gelei het. Totale uitvoerende vergoeding het 19,3 miljoen Namibiese dollar beloop, nie 43 miljoen dollar soos deur media berig…
2 May 2AM 1 min

Polo was die van drie konstabels

Die polisie het bevestig dat die wit VW Polo wat uit die Hennopsrivier in Centurion gehaal is, aan die drie Vrystaatse polisiebeamptes behoort het wat vroeër die week dood is. Konstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het vermis geraak nadat hulle verlede week van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied…
2 May 2AM 1 min

Geweld teen kinders was not altyd 'n uitdaging, ingryping nodig

Te midde van landwye betogings ná die moorde op skoolmeisies in Okahandja, sê aktiviste en politici dat die toename in geweld teen kinders kommerwekkend is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die jeug-aktivis Rivaldo Kavanga, wat sê dit was nog altyd 'n probleem en 'n oproep vir ernstige ingryping herhaal.
2 May 1AM 1 min

Geen rede om Enoch af te dank nie - Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die begrotingsdooiepunt wat nou opgelos is, is nie 'n rede vir die verwydering van minister van Finansies, Enoch Godongwana nie. Daar was verskeie oproepe dat die minister afgedank moet word oor die dooiepunt wat hom nou noop om die begroting vir die derde keer op 21…
2 May 1AM 1 min

VSA-ooreenkoms het geen sekuriteitswaarborge nie

Die president van die Kiëf Ekonomiese Skool Tymofiy Mylovanov het met SkyNews gepraat oor die ooreenkoms wat die VSA en die Oekraïne beklink het. Dit handel oor die heropbou van die land sowel as kritieke minerale. Mylovanov sê daar is geen sekuriteitswaarborg in die ooreenkoms nie en dit is die…
2 May 1AM 1 min