Hoe wil Itula sy agenda dryf sonder 'n setel?

Loading player...
Panduleni Itula, president van die inkomende amptelike opposisie IPC, het gesê hy gaan nie na die parlement nie, omdat hy nie belangstel om 'n salaris as opposisie-leier te trek nie en sal eerder verteenwoordigers gebruik. Hy het aan The Namibian gesê hy stel meer daarin belang om jongmense in sy party te bemagtig deur hulle parlement toe te stuur. Kosmos 94.1 Nuus het die bekende Namibiese politieke kommentator dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute, gevra of dit kiesers se vertroue in die IPC se leierskap en strategie sal beïnvloed.
14 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kabinet erken AU se reparasies vir Afrikane-tema

Die Kabinet het die belangrikheid erken om nasionale aktiwiteite in lyn te bring met die AU se 2025-tema van die Jaar: Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur middel van reparasies. Alle kantore, ministeries en agentskappe is opdrag gegee om hierdie tema te integreer. Inligtingsminister Emma Theofelus het die…
25 Apr 12PM 1 min

Helikopter help met Tafelberg-veiligheid

SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur 'n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike…
25 Apr 12PM 1 min

Presidentskantoor se begroting-toewysing in NV

Die begroting word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die wetsontwerp is nou in die komiteefase. Al die verskeie stemme en ontwikkelingsprojekte van die sektore word uiteengesit. Tydens vanoggend se sessie het die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, die toewysing aan die presidentskantoor voorgelees. Die kantoor het meer befondsing ontvang…
25 Apr 11AM 1 min

BTW-skrapping 'pleister op oop wond'

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die land se grootste tekortkoming is nie ʼn fiskale tekort nie, maar ʼn gebrek aan integriteit, bevoegdheid en politieke wil. Die organisasie het die skrapping van ʼn BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte verwelkom, maar sê dis bloot ʼn pleister op ʼn oop wond. Bennie van Zyl van…
25 Apr 11AM 1 min