
Spelers in Zim se sekuriteitsapparatus draai teen Mnangagwa
Loading player...
Die politiek in Zimbabwe wek kommer. Die oorlogsveteraan en voormalige geheimediensbeampte, Blessed Geza, vra vir 'n landswye opstand teen president Emmerson Mnangagwa op 31 Maart. Geza, wat visepresident Constantino Chiwenga ondersteun, het Mnangagwa van korrupsie en betrokkenheid by die dood van nasionale leiers en militêre generaals beskuldig. Hy het ook polisiehoof Stephen Mutamba gewaarsku om nie betogers in hegtenis te neem en met onbepaalde tronkstraf gedreig indien die opstand slaag.