Bestuurskenner reageer op GIPF se oortreding

Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie het na 'n ondersoek bevind die Staatsinstellings Pensioenfonds, Kuleni Financial Services en die Kuleni Bewaringsfonds het die wet oortree. Die fonds het Kuleni eksklusief gebruik en geen ander bewaringsfondse nie, en dus sy lede se toegang tot die breër pensioenfondsmark beperk. Daar is egter nog geen finale besluit geneem nie en die betrokke ondernemings kan hul saak voorlê voordat verdere stappe gedoen word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Johannes Coetzee, 'n professor in bestuur by Nust, wat nie dink hulle sal aanspreekbaar gehou word nie.
19 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Venaani wil weet oor begroting vir oud-presidente

Die PDM-leier McHenry Venaani het premier Elijah Ngurare in die Nasionale Vergadering gevra om die toekenning van kantore aan voormalige presidente te hersien, en het die koste en volhoubaarheid van die huidige model bevraagteken. Hy het voorgestel dat bestaande kantore gebruik word, en gevra vir 'n hersiening van die Wet…
24 Apr 6AM 1 min

Saftu verwerp voorstelde wysigings aan arbeidswette

Die vakverbond Saftu vra werkers om die voorgestelde wysigings aan arbeidswette te verwerp, aangesien dit werkgewers bevoordeel en werkersregte verswak. Die organisasie sê die nuwe konsepkode sal onregverdige afdankings toelaat, veral in klein ondernemings, regverdige verhoorprosesse verwyder, en dit makliker maak om werkers op proeftyd of dié wat as onaanpasbaar…
24 Apr 6AM 1 min

Dis weer /Ae//Gams-fees die naweek

Stad Windhoek bied hierdie naweek die 17de /Ae//Gams Kuns- en Kultuurfees aan. Die tweedaagse geleentheid sal musiek, tradisionele en kontemporêre dans, mode en kookkuns aanbied, wat plaaslike talent en kulturele diversiteit ten toon stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die korporatiewe kommunikasiebeampte by die stad, Lydia Shifa, gesels.
24 Apr 6AM 1 min

Ingrid se ouma woedend oor uitstel van optog vir geregtigheid

Die uitstel van die optog vir geregtigheid vir Ingrid Maasdorp deur die Okahandja-munisipaliteit is steeds in die nuus. Die burgemeester, Beatrice Kotungondo, het inwoners gevra om die beplande betoging oor Ingrid Maasdorp se moord tot ná die Toerisme- en Handelskou uit te stel. Sy sê die skou lok beleggers en…
24 Apr 6AM 1 min

Bitcoin steek Alphabet verby in markkapitalisasie

Bitcoin, wat nou teen 92 339 Amerikaanse dollar verhandel, het Alphabet, of te wel Google verbygesteek om wêreldwyd die sesde plek te beklee in terme van markkapitalisasie. Volgens bate-ranglysstatistieke het die markkapitalisasie van Bitcoin op 23 April tot 1,87 triljoen dollar gestyg, wat Alphabet se 1,85 triljoen dollar se waardasie…
24 Apr 6AM 1 min