‘Boer is my passie en plesier’ – Wikus Bekker

Loading player...
Vir Wikus Bekker, Dohne-Merino-boer van Edenburg en 2023 se Voermol Skaapboer van die Jaar, is boerdery nie ’n werk nie, maar ’n plesier.

Johan Beukes gesels in die nuutste episode van die Bly Boer-podsendingreeks met Wikus oor sy passie vir teling, toewyding en meelewing, en wat hom inspireer om aan te hou boer.
21 Mar Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Energy Partners

Ononderbroke, doeltreffende en ekonomiese verkoeling is een van belangrikste bates vir veral vrugte- en groenteboere. Die stelsels wat boere gebruik, is egter dikwels verouderd en allesbehalwe kostedoeltreffend. Hoe nou gemaak?
10 Nov 40 min

Grondontleding: Volg akkurate metode en kry korrekte raad

Presisiegrondontleding is ’n belangrike hulpmiddel waarvolgens ’n boer besluite oor grondaanvulling neem. Indien hierdie ontleding nie akkuraat is nie, kan dit lei tot die verkeerde bemesting wat ’n direkte impak op opbrengs en insetkoste het. In die tweede aflewering oor dié onderwerp op Wat ’n boer moet weet vertel dr…
9 Sep 20 min

Is Suid-Afrika in ’n grondontleding- en interpretasiekrisis?

Grondontledings word gebruik as basis van bemestingsaanbevelings daarom is dit uiters belangrik dat die inligting wat daaruit kom korrek is. Die vraag is of boere finansieel sal baat met die konvensionele ekstraksiemetodes, oftewel “uitwasmiddels” as basis van bemestingsvoorstelle, of eerder met Mehlich-3 en wat is die slaggate. In hierdie episode…
2 Sep 28 min

‘Hoe om te wen as jy verloor’ – Pierre Vlok

In ’n wêreld waar baie mense opgee wanneer dinge moeilik raak, staan Pierre Vlok, legendariese wolskaapman van BKB, as ’n baken van hoop. Sy verhaal van volharding, van ’n plaasseun tot ’n internasionaal erkende wolkenner, toon dat sukses nie altyd maklik kom nie – maar wel vir dié wat aanhou…
17 Aug 17 min

‘Moenie ophou probeer nie’ – Gerrit van Zyl

In hierdie episode van Bly Boer deel Gerrit van Zyl, sakeman en bekroonde stoetbeesboer van Dewetsdorp, sy merkwaardige reis van konvensionele boerdery na herlewingslandboupraktyke met Reza Clifford. Gerrit se benadering tot geestelike welstand is diep gewortel in praktiese geloof, volharding en om sinvolheid in daaglikse klein bydraes tot iets groter…
10 Aug 19 min