
SA misluk met kindersbeskerming
Loading player...
Build One South Africa sê die laaste bevinding en navorsing deur die Teddiebeer-stigting het die skokkende realiteit blootgelê dat Suid-Afrika se mislukte regstelsel nie die kwesbare kinders in die gemeenskap beskerm nie. BOSA-woordvoerder, Roger Solomons sê volgens die Teddiebeer-stigting, is meer as 5 000 sake van kindermishandeling in die laaste vyf jaar by die organisasie aangemeld, maar slegs vier-persent het tot skuldigbevindings gelei.