
ANC-veterane vies vir VSA oor Rasool
Loading player...
Die ANC-Veteraneliga veroordeel Amerika se behandeling van die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur, Ebrahim Rasool, en noem dit onwaardig. Hy is uit die land gesit oor sy standpunt rakende die Trump-administrasie. Die ANC-veteraan, Snuki Zikalala, het teenoor Newzroom Afrika kommer uitgespreek oor Amerika se wêreldwye invloed. Hy dring aan op die hernuwing van betrekkinge tussen die twee lande met klem op ekonomiese groei en handel, terwyl weerstand gebied word teen toenemende imperialistiese bedreigings.