
Daar sal oorstromings kom by die Okavango-rivier
Loading player...
Die watervlak van die Okavango-rivier by Rundu het met die laaste meting 5,78 meter bereik, effens laer as die vorige 5,82 meter, maar steeds hoër as die 5,15 meter op dieselfde tyd verlede jaar. Dit kom na die rivier die meeste van die somer laer as gewoonlik was. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mark Paxton van Shamvura Kamp op die rivier se oewer, oor die situasie by lodges na aan die rivier.