
Landelike internet - die boodskap aan Cran was duidelik
Loading player...
Die Namibiese Landbou-unie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy vergadering met Cran en landelike internet gesels. Die NLU se internet-toegangspeiling het die behoefte aan bekostigbare en betroubare konnektiwiteit op die platteland onderstreep. Volgens die peiling is slegs 8,1 persent van respondente tevrede met hulle konnektiwiteit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en kommunikasie by die unie.