Ooreenkoms oor Swart See, energieteikens tussen Rusland, Oekraïne

Loading player...
Die Verenigde State het ooreenkomste met Oekraïne en Rusland bereik om hul aanvalle in die Swart See en teen energieteikens te onderbreek, na parallelle samesprekings in Saoedi-Arabië. Washington het onderneem om te help om internasionale sanksies op Russiese landbou- en kunsmisuitvoere te probeer ophef. Die Kremlin sê die ooreenkomste sal nie in werking tree tensy verbindinge tussen sommige Russiese banke en die internasionale finansiële stelsel herstel is nie. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê dat die ooreenkomste nie vereis dat sanksies opgehef sal word nie. SkyNews het met Litaue se verdedigingminister Dovilė Sakalienė oor die aankondiging gepraat.
25 Mar 8PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nujoma moet lewensvatbaarheid oorweeg voor hy beloftes maak

Die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming, Mike Kavekotora, waarsku dat die regering se plan om binne 'n jaar 5 000 huise in Khomas te bou, die risiko loop om vorige mislukkings te herhaal as dit swak beplan word. Hy het 'n gebrek aan duidelike implementeringsbesonderhede gekritiseer en president…
22 Apr 9PM 1 min

Sensus vir inkomstes en uitgawes begin eers volgende week

Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, gaan nou eers volgende week afskop. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Die Namibiese Statistiekagentskap sal die opname hierdie week loods. Kosmos 94.1 Nuus het…
22 Apr 9PM 1 min

BOSA wil weet oor Covid-19 betalings aan taxi's... wat voortduur

Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, bevraagteken die deursigtigheid rakende die voortgesette betalings van die Covid-19-toelaag aan die taxibedryf. 'n Bedrag van 408-miljoen Suid-Afrikaanse rand word in die 2025/26-begroting toegeken. Hierdie eenmalige bydrae het ten doel om die oorblywende 53 407 kwalifiserende operateurs wat nog ondersteuning moet ontvang, te help…
22 Apr 8PM 1 min

IMF pas groei in VSA, China, afwaarts aan

Die Internasionale Monetêre Fonds het sy groeivoorspellings vir Amerika, China en die meeste lande verminder, met verwysing na die impak van Amerikaanse tariewe wat op 'n 100-jarige hoogtepunt is, en waarsku dat stygende handelspanning groei verder sal laat verlangsaam. Groei in die VSA sal nou na verwagting vanjaar net 1,8…
22 Apr 8PM 1 min

Lenings kan jou help om toekoms te bou

Lenings word dikwels as negatief geag, maar dit kan kragtige instrumente wees om 'n beter toekoms te bou. Om verantwoordelik te leen, gaan nie net daaroor om noodgevalle te dek nie, dit ook oor geleenthede wat ‘n toekoms kan bou. Natasha Winkler, die besturende direkteur by Old Mutual Finance, het…
22 Apr 9AM 1 min