
Trevino gesels oor Walvis se paaie
Loading player...
Inwoners van Walvisbaai moes in die laaste dae bontstaan weens oorstroomde strate en huise, na dit sedert verlede Dinsdagaand aan en af gereën het. Veral dele waar mense in hutte woon het erg deurgeloop in die ongewone weersomstandighede. Die munisipaliteit sou Maandagaand 'n vergadering oor die situasie hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Trevino Forbes, Walvisbaai se burgemeester, oor die vergadering.