‘Om te bly hoop’ – Willie Nel en Isabel Arangies

Loading player...
’n Fees vir die oog, rus vir jou siel en vuurhout vir môre – dit is die plaas Moolmanshoek. Eienaar Willie Nel en Isabel Arangies, sy dogter, vertel hoe hulle aanhou boer.

Johan Beukes gesels in dié episode van die Bly Boer-potgooi oor die herstelpad wat hulle op die plaas moes volg en hoe hulle deesdae ook “met mense boer”. In hierdie episode hoor jy meer oor:
• die families wat deel van Moolmanshoek se storie is;
• die struikelblokke wat die Nels moes oorkom;
• die trauma van die brande;
• waar hulle hoop vandaan kom; en
• hoe moet jy maak as jy jou in ’n doodloopstraat bevind.
Landbou.com se potgooireeks Bly Boer wil boere inspireer om nie net aan te hou boer nie, maar om ook vreugde in hul dagtaak te vind. In elke episode verken ons nuwe maniere om balans te vind sodat jy jou roeping met passie kan uitleef.
28 Mar 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Landboumark Voorslag: Episode 3 - Agri Solutions

In episode 3 van Landboumark Voorslag word vertel hoe ’n sakebedryf en geloof saamwerk vir diensbaarheid in aksie. Van ’n wildplaas naby Dinokeng tot ’n onderneming met vier unieke afdelings – Agri Solutions se Sakkie Pelser het ’n eenvoudige oplossing vir elektriese heinings omskep in ’n onderneming wat plastiek herwin,…
20 Jul 23 min

Landboumark Voorslag: Episode 2 - Master Steel Structures

In episode 2 van Landboumark Voorslag vertel ՚n entrepreneur hoe hy met min ondervinding in die staalkonstruksiebedryf ՚n onderneming gekoop en laat floreer het. Sedert 2009 het Jaco Hefer van Master Steel Structures – van ’n Vrystaatse groentjie wat nie eens geweet het wat steierwerk is nie tot die eienaar…
13 Jul 16 min

Landboumark Voorslag: Episode 1 - Hen Hotel

In episode 1 van Landboumark Voorslag hoor ons van ՚n entrepreneur wie se kleintydpassie ՚n groeiende onderneming “uitgebroei” het. Toe voëlgriep Suid-Afrika se eiermark ontwrig, het Alexander Smit ՚n gaping raakgesien en sy liefde vir hoenders wat hy reeds van kleins af koester, in ՚n florerende onderneming omskep. Hen Hotel…
6 Jul 17 min

‘Ons sal hierdeur kom’ – DF Fyfer

DF Fyfer van Bhetjane Cattle Co is lank genoeg ’n boer om die sielkundige impak en stres van boerdery te verstaan. “Dit is nie net jou eie toekoms wat op die spel is nie, maar die nalatenskap van jou voorouers en die toekoms van jou kinders.”In die Bly Boer-onderhoud met…
3 Apr 21 min

‘Leer om ander te lei en motiveer’ – Francois Rossouw

Francois Rossouw, Toyota en AgriSA se Jongboer van die Jaar, moes al vele storms – letterlik en figuurlik – trotseer. As vierdegenerasie-tafeldruifboer op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei moes hy al vele storms trotseer. Haelstorms, oorstromings en selfs ’n wingerd wat drie keer herplant moes word, het sy veerkragtigheid getoets…
26 Mar 28 min