LUISTER | ‘Om te bly hoop’ – Willie Nel en Isabel Arangies

Loading player...
’n Fees vir die oog, rus vir jou siel en vuurhout vir môre – dit is die plaas Moolmanshoek. Eienaar Willie Nel en Isabel Arangies, sy dogter, vertel hoe hulle aanhou boer.

Johan Beukes gesels in dié episode van die Bly Boer-potgooi oor die herstelpad wat hulle op die plaas moes volg en hoe hulle deesdae ook “met mense boer”. In hierdie episode hoor jy meer oor:
• die families wat deel van Moolmanshoek se storie is;
• die struikelblokke wat die Nels moes oorkom;
• die trauma van die brande;
• waar hulle hoop vandaan kom; en
• hoe moet jy maak as jy jou in ’n doodloopstraat bevind.
Landbou.com se potgooireeks Bly Boer wil boere inspireer om nie net aan te hou boer nie, maar om ook vreugde in hul dagtaak te vind. In elke episode verken ons nuwe maniere om balans te vind sodat jy jou roeping met passie kan uitleef.
28 Mar Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Wat ek geleer het oor verhoudings op die plaas’ – Yolandi Marais

Yolandi Marais het op ’n plaas grootgeword, werk as konsultant elke dag met boere en het ook vanjaar met ’n boer getrou. Sy vertel oor wat sy tot dusver geleer het oor verhoudings, verantwoordelikheide, vrou-wees en vreugdes op die plaas. Johan Beukes en Yolandi Marais van Dunamus Agri Advisory Services…
15 Jun 22 min

‘Daar is altyd ’n plan te maak’ – Johan Coetzee

Johan Coetzee, skrywer van Opgee se gat, glo hoe groter jou aanpasbaarheid en veerkragtigheid – jou vermoë om op te staan nadat die lewe jou ’n klap of twee gegee het – hoe groter is jou kans om te floreer. In dié episode vertel Coetzee hoekom hy die boek geskryf…
23 May 24 min