Bakleiery en beserings oorheers Copps 94.1

Loading player...
Vrydagaand se Copps 94.1 was gekenmerk deur mediese bystand met verskeie skermutselings wat plaasgevind het en beserings veroorsaak het. Volgens Francois Lottering, wat aan diens was, was die hoofstad oor die algemeen uiters bedrywig.
29 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwys reageer op koshuisvoedseltender

Die hoërhof het 'n beslissing deur die hersieningspaneel dat die Verkrygingsraad die bodproses vir die koshuisvoedseltender weer moet begin, omgekeer. Dit kom na die onderwysministerie 'n hersieningsaansoek gebring het nadat die paneel die verkrygingsproses gekanselleer het. Die hof het bevind dat die paneel se beslissing onwettig is en het die…
22 Apr 4AM 1 min

ANC sê Franciskus was inspirasie

Die ANC sê pous Franciskus het ʼn lewe van diens, nederigheid en onwrikbare morele leierskap gelei. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is Maandagoggend aan beroerte en hartversaking dood. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê pous Franciskus se vermoë om oor godsdienstige, politieke en…
22 Apr 4AM 1 min

DA is skynheilig oor BTW - ActionSA

ActionSA beskuldig die DA van skynheiligheid oor die omstrede beoogde BTW-verhoging, ondanks die DA se openbare teenkanting daarteen. Alan Beesley van Action SA sê die DA se woordvoerder oor Finansies, Ashor Sarupen, was betrokke by die opstel van die oorspronklike begrotingsrede waarin die verhoging ingesluit is. Beesley beweer die DA…
22 Apr 3AM 1 min

Guterres bring hulde aan Franciskus

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê pous Franciskus was ʼn voortreflike stem vir vrede, menswaardigheid en maatskaplike geregtigheid. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is gisteroggend aan 'n beroerte en hartversaking dood. Guterres het by die wêreld aangesluit om oor pous…
22 Apr 3AM 1 min

Mynwese-kamer hou jaarvergadering

Die Kamer van Mynwese se 46ste jaarvergadering vind môremiddag in Windhoek plaas. Die president, Zebra Kasete, sal die mynbedryf se prestasie in 2024 hersien, asook die bedryf se belangrikste prestasies en hoogtepunte. Nuwe ampsdraers vir 2025 tot 2027 sal ook aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veston Malango,…
22 Apr 2AM 1 min