Toerbroers, neem jou saam op ‘n opwindende reis in hul nuwe reeks, Toerbroers: Jou Toekoms

Loading player...
Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, bekend as die Toerbroers, neem jou saam op ‘n opwindende reis in hul nuwe reeks, Toerbroers: Jou Toekoms, wat op 3 April om 17:30 op kykNET begin!

Hierdie unieke projek bied 'n platform aan 45 jong matrieks — die “joggies” — om hul droom in die toerismebedryf te verwirklik. Sien hoe hulle oor 13 episodes leer, groei en met elke uitdaging 'n stap nader aan 'n splinternuwe toekoms beweeg.

Met opvoedkundige geleenthede, praktiese ondervinding en verrassings aan die orde van die dag, bied hierdie reeks nie net vermaak nie, maar help dit ook om 'n positiewe verskil in jong mense se lewens te maak.

Volg die journey en laat jou inspirasie floreer!

Toerbroers: Jou toekoms begin op Donderdag 3 April om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)
9 Apr 1PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Oplossings vir die platteland: Inspirerende stories van hoop en vindingrykheid

Ontdek hoe gewone Suid-Afrikaners die toekoms van hul gemeenskappe verander—van dié wat infrastruktuur herbou tot dié wat voedselonsekerheid bekamp. Hierdie driedelige dokumentêre reis, begin op 27 Julie op kykNET, laat jou gesels oor hoop, vindingrykheid en die krag van gemeenskapswerk. Moet dit nie misloop nie!
6 Aug 1PM 7 min