Ma kry opgeskorte vonnis na sy haar kinders vergiftig

Loading player...
’n Ma van Dunnottar in Nigel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar, nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar skuldig bevind het aan die moord op haar 16-jarige seun en ’n poging tot moord op haar sewejarige dogter. In Junie 2022 het die vrou rottegif in haar kinders se kos gesit , nadat sy finansiële en gesondheidsprobleme ondervind het. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die hof het tydens vonnisoplegging haar berou, geestesgesondheid en die manier wat sy haar oorlewende kind versorg, in ag geneem.
12 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Immanuel vra vir toewyding in parlement

Justisie- en arbeidsverhoudinge minister Wise Immanuel het in sy eerste parlementêre toespraak benadruk dat die huis nie 'n platform vir berugtheid moet wees nie, maar 'n plek wat toegewy is aan wetgewing teen armoede, honger, ongeletterdheid, misdaad en haweloosheid. Hy sê dit kan slegs bereik word deur opregte toewyding en…
20 Apr 5AM 1 min

Cosatu waarsku teen BTW-regstappe

Cosatu waarsku dat regstappe teen die voorgestelde BTW-verhoging die land se belastingstelsel kan destabiliseer. Parlementêre koördineerder Matthew Parks het die risiko vir fiskale stabiliteit beklemtoon. COSATU staan die 0,5-persentasiepunt BTW-verhoging wat op 1 Mei in werking tree, teen. Parks sê hy steun alternatiewe inkomstebronne, soos welvaartbelasting en hoër maatskappybelasting, om…
20 Apr 5AM 1 min

Daggadag met betoging in Windhoek gevier

Internasionale 4/20-dag word elke jaar deur marijuana-voorstanders gevier en word dikwels gebruik vir voorspraak vir die plant se wettiging. Die Ganja Users of Namibia-groep hou vandag 'n protesaksie vir die vrylating van veroordeelde daggagebruikers. Die proses sal by die oop ruimte by TransNamib begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
20 Apr 3AM 1 min

Netanhayu: 'Israel sal aanhou veg'

Die eerste minister van Israel Benjamin Netanyahu het die land se weermag beopdrag om druk op Hamas te verskerp nadat die Palestynse militante groep 'n tydelike wapenstilstandsvoorstel verwerp het. In ‘n televisie-uitsending Saterdag het Netanyahu gesê dat hoewel oorlog 'n duur prys meegebring het, Israel geen ander keuse het as…
20 Apr 2AM 1 min

Pastoor Brian Philander bring Paasboodskap

Terwyl Paasnaweek landwyd gevier word, word ons herinner om nie die ware boodskap van Paasfees te vergeet nie. Dit is die wederopstanding van Jesus Christus na hy vir ons sondes gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met pastoor Brian Philander gepraat wat 'n Paasfeesboodskap met luisteraars deel.
20 Apr 1AM 2 min