
Bulle het 6 Bokke op die bank vir Edinburgh
Loading player...
Rugby: Ruan Nortjé en Cameron Hanekom is terug in die Bulle se opdrafspan vir vanmiddag se Uitdaagbeker-kwarteindstryd teen Edinburgh in Skotland, nadat hulle verlede naweek teen Bayonne op die bank was. Die Springbokhaker Johan Grobbelaar is ook op die bank saam met Johan Goosen en Canan Moodie, en ander Springbokke Marco van Staden, Jan-Hendrik Wessels en Embrose Papier. Keagan Johannes behou die nommer 10-trui. Die afskop is om half-twee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willem Strauss, die president van die Blou Bulle.